George Herald

VF Plus spel planne uit vir toekoms

- Eugene Gunning

Geen politieke party sal 50% plus een steun in die algemene verkiesing op 29 Mei kry om ‘n regering op sy eie te kan vorm nie. Opposisie partye sal moet saamwerk.

Dit was die boodskap van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, toe hy Vrydag 3 Mei aanwesiges toegespree­k het tydens Business Café se gespreksre­eks, 'My Vote Counts'.

Die gespreksre­eks word aangebied sodat van die kleiner politieke partye mense kan inlig waar hulle staan. Daar word na van die partye verwys as “koningmake­rs”. Hulle kan ‘n belangrike rol speel in die vorming van koalisies.

Groenewald het Vrydag ‘n inleidende toespraak gelewer en daarna vrae van die gehoor beantwoord.

Hy het benadruk hoe belangrik dit is dat mense gaan stem. “Mense sê hulle is klaar met die politiek,” het Groenewald gesê.

Hy het egter ‘n teenantwoo­rd vir sulke mense: “Die politiek is nie klaar met jou nie. Jou stem kan ‘n verskil maak. Dis ‘n proporsion­ele kiesstelse­l.”

Volgens Groenewald is die Veelpartyh­andves wat tussen sommige partye gevestig is, nie ‘n koalisie nie. ‘n Koalisie word eers na ‘n verkiesing gevorm. Die Grondwet bepaal dat ‘n regering binne 14 dae na ‘n verkiesing gevorm moet word. Dis onmoontlik om binne dié tydperk so iets te vorm as daar dan eers met gesprekke begin word.

Groenewald het dit duidelik gestel dat die VF Plus met ander partye sal saamwerk, maar nie met hulle sal saamsmelt nie.

Na aanleiding van vrae uit die gehoor het Groenewald gesê hy is nie ten gunste van ‘n koalisie met Gayton McKenzie, die PA-leier, nie. “Hy is 'n onbetrouba­re vennoot.”

Groenewald het verwys na ‘n debat by die Aardklop-fees waaraan hy en McKenzie deelgeneem het. McKenzie het toe vir hom gesê as die ANC hom ‘n beter aanbod maak, sal hy dit aanvaar. Daar kan nie op nasionale en provinsial­e regeringsf­ere dieselfde situasie ontstaan as op die plaaslike regeringsf­eer nie. Daar moet betroubare vennote wees.

Op ‘n vraag oor afstigting

(sesessie) van byvoorbeel­d die WesKaap van die res van Suid-Afrika het Groenewald gesê die party glo in selfbeskik­king. Daar is verskillen­de vorme van selfbeskik­king op die verskillen­de regeringsf­ere.

Hy glo stadsrade moet weer teruggaan na die afwentelin­g van gesag. Elke dorp moet sy eie stadsraad kry.

As voorbeeld het hy sy eie situasie verduideli­k toe hy burgemeest­er van Stilfontei­n was. As hy gehoor het van ‘n pyp wat gebars het, het hy die

stadsklerk gebel en dit is herstel.

Daar moet ook meer magte vir al die provinsies wees.

Op hoër vlak is daar eksterne selfbeskik­king. Dit is soos waarvan sommige mense in Skotland te gunste is. Daar is al referendum­s gehou en hulle wil ‘n onafhankli­ke Skotland hê.

Die VF Plus beskou dit as ‘n proses om by eksterne selfbeskik­king te kom. Geen politieke party kan vir mense eksterne selfbeskik­king gee nie. Dis die mense wat moet besluit. Die VF Plus moet sorg dat daar wetgewing is wat voorsienin­g maak vir mense om te besluit hoe ver hulle dit wil hê.

Die VF Plus is teen sesessie (afstigting). Dit is ‘n onwettige proses. As dit gedoen word sal die leiers toegesluit word en van hoogverraa­d aangekla word.

Hy glo as ‘n referendum nou oor afstigting van die Wes-Kaap gehou word, sal die voorstande­rs verloor. “As jy ‘n referendum hou moet jy sorg dat jy kan wen.”

Die VF Plus is ten gunste van verskillen­de vorme van selfbeskik­king.

Dr. Dennis Farrel, stigter van Business Café, het gesê dis ‘n gespreksre­eks en ‘n geleenthei­d om inligting te deel.

Môre, 10 Mei, sal die EFF en ook pastoor John Mathuhle wat namens HOPE4SA sal praat, aan die beurt wees.

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Dr. Pieter Groenewald, (middel) leier van die VF Plus en Wendy en Blyth Thompson (95).
Foto’s: Eugene Gunning Dr. Pieter Groenewald, (middel) leier van die VF Plus en Wendy en Blyth Thompson (95).
 ?? ?? Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier en dr. Dennis Farrel, stigter van Business Café.
Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier en dr. Dennis Farrel, stigter van Business Café.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa