George Herald

Koshuiskin­ders se kos lont betoging by Hoërskool George

- Michelle Pienaar

Hoogs ontstoke ouers van leerders wat by Hoërskool George op kosskool is het Maandagogg­end douvoordag by die skool met plakkate betoog. Hul kinders het die betoging ondersteun. Die ongelukkig­heid gaan oor kos.

Blykbaar het die skoolhoof, Rodney Cupido, verlede Vrydagaand met 'n stemboodsk­ap op ouergroepe laat weet dat daar nie vandeeswee­k kos vir die leerders wat by die koshuis tuisgaan sal wees nie. Die redes wat aangevoer is, hou verband met koshuisgel­de van R1 300 per jaar wat by vele ouers se rekeninge uitstaande is, en subsidievo­rms vir befondsing van die departemen­t wat nie reg ingevul is nie.

"Die vorms moes al einde verlede jaar weggestuur word na die departemen­t," het een ouer gesê. "Hy hou dit nou terug omdat daar inligting by van die vorms ontbreek."

Alles onder beheer

Terugvoer van die Wes-Kaapse departemen­t van onderwys lyk wel meer rooskleuri­g. Bronagh Hammond van die departemen­t het Dinsdag 7 Mei terugvoer oor die saak gegee en aangedui dat die kwessies geadressee­r en uitgesorte­er word. "Ek kan bevestig dat die leerders nie sonder kos is nie," het Hammond gesê.

"Gegewe die omstandigh­ede het die WKOD spesiale reëlings getref om te verseker dat die skool die nodige kos vir die leerders en personeel in die koshuis kan aankoop. Die WKOD het ook met die ouers by die skool gesels en onderrig en lesse is soos normaal hervat."

Uitstaande rekeninge

Volgens Hammond is die departemen­t verlede Vrydag, na aanleiding van 'n oproep van die skoolhoof, van die situasie bewus gemaak. "Die koshuis se kosverskaf­fer het die skool in

kennis gestel het dat hulle geen aflewering­s sou maak totdat die skool sy uitstaande rekeninge betaal het nie." Hierdie situasie is intussen deur die departemen­t beredder.

"Die indiening van beursvorms van die skool aan die distrik het na bewering befondsing vir die koshuis deur die WKOD vertraag," het Hammond verduideli­lk. "Die WKOD word deur wetgewing vereis om die nodige vorms en goedkeurin­gs te hê voordat enige begrotings­toewysings oorgedra kan word. Dit word tans aangespree­k en opgelos.

"Die WKOD sal met die skole se finansiële komitee in gesprek tree oor die finansiële bestuur van die koshuisbeg­roting.

Ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet word daar van skole vereis om een bankrekeni­ng te hê, wat ook koshuistra­nsaksies moet akkommodee­r. Die skool moet dan dienooreen­komstig begroot en die verskillen­de befondsing­sbronne en kostes vir die koshuis en ander uitgawes wat deur die skool opgeloop word, bestuur."

Hierdie terugvoer kom na aanleiding van vrae van die ouers, wat beweer dat die fondse vir die koshuis wanbestuur word. Hulle was bekommerd omdat die koshuis se rekening aan die skool s'n gekoppel is.

Nog drama

Dinsdagogg­end, 7 Mei, was daar weer nuwe moeilikhei­d by die skool. Blykbaar het van die onderwyser­s nie vir klas opgedaag nie, omdat hulle glo nie betaling ontvang het nie.

Hierdie onderwyser­s is glo op kontrakpos­te aangestel. "Die skool is 'n malhuis," het een van die ouers gesê. Volgens nog 'n ouer het die gr. 12-leerders nie klas gehad vir die dag nie, aangesien die onderwyser­s heeldag in vergaderin­gs was.

Hammond van die departemen­t van onderwys het egter bevestig dat daar slegs een onderwyser afwesig was vir die dag. Vorige klagtes oor die kontrakte van kontrakpos­te wat nog nie hernu is nie, is verlede week deur die departemen­t as volg beantwoord. "Daar was kontrakte wat verleng is en word steeds deur hoofkantoo­r verwerk. Die onderwyser­s gee tans onderrig in die skool en hul administra­tiewe dokumente word opgelaai. Die saak word by hoofkantoo­r hanteer."

 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Kinders sluit by hul ouers aan, by een van die ingange na die skool.
Foto’s: Michelle Pienaar Kinders sluit by hul ouers aan, by een van die ingange na die skool.
 ?? ?? Esmarelda Baker van Sedgefield maak haar stem dik.
Esmarelda Baker van Sedgefield maak haar stem dik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa