George Herald

Kwagga se wengedig verras met eenvoud en emosie

- Michelle Pienaar

Die trefkrag van 'n gedig lê dikwels in die eenvoud en emosie wat die woorde oopvou. 'n Mens het nie gesofistik­eerde taal en volume nodig om ander te raak nie. Só gesels Mila van Niekerk, 'n gr. 11-leerder van Hoërskool Outeniqua, en vanjaar se wenner van die nasionale Poort-poësiekomp­etisie.

Nóg 'n kwagga, Etienne Petherbrid­ge, het in hierdie kompetisie presteer, met 'n sewende plek onder die toptien inskrywing­s. Drie van Mila se gedigte gaan in Poort se bundel vervat word, tesame met gedigte van nog Kwaggas wat aan die kompetisie deelgeneem het: Emmie Wanenburg, Jurgens Jansen en Wernich Cassell. Prosa van Micke Jansen van Rensburg word by die bundel ingesluit.

In hul terugvoer oor Mila se gedig

Sonskerm verwys die sameroeper­s van die beoordelaa­rspaneel, prof. Hein Viljoen en dr. Ilse de Koker, na haar wengedig as volg: "Sonskerm is op die oog af 'n baie eenvoudige gedig, maar agter die eenvoud is daar heelwat ingewikkel­de emosies en ervarings op die spel. Mila van Niekerk roep in hierdie gedig met min woorde ryk en ingewikkel­de emosies op sonder om hulle eksplisiet naam te gee. Dit maak haar 'n waardige wenner van die Poortpoësi­ekompetisi­e vir 2024."

Dit is nie die eerste keer wat Mila beoordelaa­rs van die kompetisie beïndruk nie. Sy is immers verlede jaar se wenner van die prosa-kategorie van dieselfde kompetisie.

Die Poort-kompetisie is daarop gemik om skeppende talent onder hoërskooll­eerders te ontdek, aan te moedig, te waardeer en aan ’n groter gehoor bloot te stel. Dit vind al vanaf 1971 plaas.

 ?? George Herald Foto: Michelle Pienaar ?? Mila van Niekerk (16) neem ‘n ruskans van wiskunde om met oor gedigte te gesels.
George Herald Foto: Michelle Pienaar Mila van Niekerk (16) neem ‘n ruskans van wiskunde om met oor gedigte te gesels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa