George Herald

Stem jy vir die PA, stem jy vir die ANC

-

Nicholas Gotsell, head of the DA's Federal Legal Commission:

Carte Blance het onlangs ’n insetsel uitgesaai oor die skrikwekke­nde verval van Knysna as gevolg van die chaos wat in dié ANC/EFF/PA-beheerde raad heers. Riool vloei vryelik in die strate van Hornlee en daar is, onder andere, ’n lyk in die reservoir gevind waar inwoners se drinkwater vandaan kom. Inwoners kon dit ruik wanneer hulle hul krane oopdraai.

In ‘n artikel getiteld 'Onwaarskyn­lik dat DA met die PA sal saamwerk' (25 April 2024) berig George Herald oor Gayton McKenzie se antwoord op Helen Zille se stelling dat die PA ‘n proxy van die ANC is. Zille verwys natuurlik na die bevindings van Deel 5 van Volume 1 van die Zondo Kommissie van Ondersoek waar daar bevestig word dat die PA deur die ANC geskep is. (Al ooit gewonder waar die PA al die geld kry om belonings uit te loof en tussenverk­iesings te wen deur kospakkies en vleiskoepo­ns uit te deel? Lees gerus daardie deel van die hoofregter se verslag oor staatskapi­ng!)

McKenzie lag diè feitelike stelling en die feit dat die DA-beheerde Wes-Kaap die bes bestuurde provinsie in die land is in sy stemnota af, maar hy bevestig wééreens dat die PA met die

ANC sal saamwerk. McKenzie maak geen geheim daarvan dat dit vir hom net oor posisies gaan nie. Dit is immers waarom hy Johannesbu­rg, Knysna en Theewaters­kloof aan die ANC en EFF uitverkoop het. Hy doen dit onder die vaandel dat die PA werksgelee­nthede, grond vir behuising en die stryd teen bendes en dwelms wil aanspreek. Maar kyk mens net duskant die grens van hierdie munisipali­teit, moet mens vra hoe suksesvol hierdie taktiek tot dusver vir die PA was – en hoe diegene wat vir die PA gestem het daardeur benadeel is?

Die PA het in die afgelope twee jaar geen daadwerkli­ke pogings aangewend om die lewe van bruin kiesers, op wie hul pinkster politiek gemik is, te verbeter nie. Vra maar diegene wat in Knysna,

Johannesbu­rg of Theewaters­kloof vir hulle gestem het en hulself in ’n ANC/EFF/PA-koalisiere­gering bevind het.

In teenstelli­ng hiermee het die DA in die Wes-Kaap ’n uitmuntend­e rekord van dienslewer­ing. In die afgelope 5 jaar het amper 79% van alle werkskeppi­ng in die WesKaap plaasgevin­d. Dit is omdat die DA-regering geleenthed­e vir werkskeppi­ng vir ALLE SuidAfrika­ners agressief bevorder, infrakstuk­tuur onderhou en ontwikkel, toerisme ondersteun en nie belastingb­etalers se geld verkwis nie. Daar is nog baie om te doen en dit kan net gedoen word met ’n volstrekte meerderhei­d.

McKenzie het die afgelope week “oorlog” verklaar teen die DA. Mens sou dink dat indien die PA werklik om werksgelee­nthede en dies meer wou baklei, McKenzie eerder oorlog teen die ANC sou verklaar. Hy sal, nes Patricia de Lille in 2019, goeie regering vir posisies verruil.

Kiesers moet hierdie maand mooi dink wanneer hulle hul keuses uitoefen, want die Wes-Kaap werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa