BEPROEF EN GETOETS DEUR JOU

Goeie Huishouding - - inhoud -

LIEFDE EN DIE HUWELIK

Dit was ver­fris­send om die ar­ti­kel “Jou huwelik: Hoe om dit end­uit te laat hou” in die Au­gus­tus-uit­ga­we te lees. Dit was baie nut­tig vir ie­mand soos ek wat “end­uit” in hier­die ding is. Ek is met die liefde van my le­we ge­troud. Ek is ge­se­ënd om haar as my vrou te hê, ver­al om­dat ek al­les­be­hal­we vol­maak is.

Ek sê vir haar dan­kie dat sy my steun­pi­laar is en om­dat sy my in­nig en son­der voor­waar­des lief het. Die huwelik is reg­tig ’n be­son­der­se in­stel­ling en dit sal mooi wees om te sien dat hu­we­li­ke in van­dag se sa­me­le­wing hou. ’n Paar­tjie wat me­kaar goed aan­vul, bou saam ’n vreug­de­vol­le le­we. Hul­le ver­me­nig­vul­dig hul vreug­des deur dit te deel en ver­min­der hul sor­ge deur dit te vér­deel.

Bui­ten al die goeie stuk­kies raad wat ek in dié ar­ti­kel ge­lees het, was die be­lang­rik­ste dat kom­mu­ni­ka­sie in e­ni­ge ver­hou­ding won­de­re kan ver­rig. Jy moet ’n punt be­reik waar jy vir me­kaar on­ge­sen­su­reer­de waar­he­de (met re­spek) kan ver­tel. Dit wys dat jy ’n diep vlak van be­grip vir me­kaar ge­ves­tig het. John S­ha­ban­gu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.