HOE OM ’N FOKUSPUNT IN ’N VERTREK TE S­KEP

Goeie Huishouding - - Jou Huis -

Lei die aan­dag na iets en s­kep só har­mo­nie tus­sen jou de­ko­re­le­men­te

1 VER­SKIL­LEN­DE VORMS

Om met vorms te speel kan in­te­res­san­te kon­tras­te s­kep. ’n Ron­de ta­fel in ’n vertrek vol reg­uit ly­ne of ’n ou­tyd­se stoel tus­sen mo­der­ne meubels sal vi­su­eel aan­trek­lik lyk.

2 IETS GROOTS Een element met gro­ter pro­por­sies as e­ni­ge iets an­ders in die vertrek kan ’n doel­tref­fen­de fokuspunt s­kep. Oor­weeg ’n mooi ge­sti­leer­de kag­gel­rak, ’n groot L-vor­mi­ge bank, ’n tref­fen­de kuns­werk of ’n oor­groot spie­ël.

3 KIES KLEUR ’n Ruim­te waar­in al­les net te per­fek by­me­kaar pas, lyk ver­ve­lig en ka­rak­ter­loos. S­ti­leer ’n bank met ’n kleur­ry­ke ver­sa­me­ling (min­stens vyf) kus­sings in ver­skil­len­de vorms en groot­tes, s­kep ’n fo­kus­muur met verf of plak­pa­pier, of an­ker die vertrek met ’n hel­der pa­troon­be­druk­te mat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.