Moet jy jou ver­hou­ding met jou foon ver­breek?

Ro­sie G­reen be­sin eer­lik oor haar ver­hou­ding met haar sel­foon

Goeie Huishouding - - inhoud -

RO­SIE G­REEN

Hoe is my ver­hou­ding met my foon? Dis piek­fyn. Ek be­doel, ek’s nie al­tyd ge­luk­kig nie. Maar wie is? Soms voel ek mis­bruik. En angs­tig. En selfs, ja, dalk ’n bie­tjie oor­heers. Maar, jy weet, ek ge­niet die ge­sel­skap. En die kom­pli­men­te. En dis be­ter as om al­leen te wees. Want dit sal baie vrees­aan­ja­end wees. H’m . . .

Ek het al­tyd ge­dínk ek het ’n goeie ver­hou­ding met my foon. Ek het my­self be­skou as ie­mand wat dit as ont­span­ning ge­bruik, wat kon weg­stap wan­neer ek wou. Maar ek het on­langs be­gin ver­moed dat ek eint­lik ver­slaaf is. Nie op ’n “ha-ha”ma­nier nie, maar ’n reg­te, eg­te maak-my­skoon-mis­moe­dig-ma­nier. Ek het ’n toets af­ge­lê (op my foon, na­tuur­lik) wat dit be­ves­tig het. Die simp­to­me? Ek voel my foon vi­breer wan­neer dit nie vi­breer nie, en ek raak ge­wel­dig angs­tig as my e-pos­se nie da­de­lik af­laai nie. (Ruk jou­self reg, G­reen, dis nie as­of jy An­ge­la Mer­kel is nie!) Ek wil teks­bood­skap­pe tik wan­neer ek in die ver­keer sit (ver­keerd). Ek tik bood­skap­pe in die bad (ge­vaar­lik). Ek tik ter­wyl ek . . . op die toi­let sit. Ge­skok? Ek is. Dis so on­hi­gi­ë­nies, en dit wys hoe laag ek ge­daal het. Hoe­kom doen ek dit? Want ek is skaam dat ek my so­si­a­le-me­dia-apps wil dop­hou wan­neer ek saam met vrien­de kui­er. Dis ’n te­ken, of hoe? Wan­neer jy jou pro­bleem weg­steek.

Ek is bang dat deur 24/7 na ’n skerm te staar ek din­ge in die reg­te le­we gaan

mis­loop wat ek nie gaan te­rug­kry nie. Boon­op het ek ho­ër kor­ti­sol­vlak­ke as een van Trump se per­so­neel­le­de. En om­dat my foon maak dat ek al­tyd bang is ek mis iets, is my self­re­spek meer flen­ters as ’n Kar­dashi­an se je­ans. Maar voor­dat ons diep in al­ge­he­le ku­ber­chon­drie ver­val, kom ons dink vir ’n oom­blik na. Ek weet daar is ’n mil­joen re­des waar­om sel­fo­ne goed is. Eer­stens weet ek nie hoe ek my­self ooit ie­wers ge­kry het voor die koms van Google Maps nie. (Ek weet eint­lik; ek het my ma ge­bel wat al­tyd ’n pad­at­las op die te­le­foon­ta­fel ge­hou het.) Weer- en reis-apps is al­mal fan­tas­ties. Die­self­de geld op­voed­kun­di­ge spe­le­tjies wat maak dat my kin­ders hul maal­ta­fels wil oe­fen en wil leer hoe om “bi­bli­o­teek” te spel.

Ek weet ook my loop­baan word deur ’n aan­lyn teen­woor­dig­heid be­vor­der en dat daar­die plat­forms my i­dees en in­spi­ra­sie gee. En kom ons kry net gou per­spek­tief: Dis nie as­of ek ver­geet om my kin­ders te gaan haal of e­tes oor­slaan nie. Of ge­du­ren­de seks bood­skap­pe tik nie. (Dit ge­beur blyk­baar met een uit el­ke vyf mil­len­ni­ërs.)

Ek wil dus nie my ver­hou­ding met my foon heel­te­mal ver­breek nie – ek wil net min­der tyd daar­op be­stee. Om die ver­hou­ding te her­ka­li­breer. Ek wil hê my kin­ders moet deur my voor­beeld kan leer. Ek lees tans Cat­her­i­ne P­ri­ce se How to B­re­ak Up with Your P­ho­ne (Ten S­peed P­ress). Dit lees vin­nig en is ’n goeie hand­lei­ding. Baie in­sig­ge­wend (“wan­neer ons ook al na­by aan ons foon is, het dit ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op in­tiem­heid, ge­bon­den­heid en die ge­hal­te van ge­sprek­ke”). Daar is ook Anya Ka­me­netz se The Art of S­creen Ti­me (Pu­bli­cAf­fairs) wat diep­sin­nig is, meer om­slag­tig en pront­uit. Dit blyk dat die oor­ge­bruik van skerms ook kin­ders se kop af­fek­teer. (By­voor­beeld: My dog­ter­tjie het by ’n maat gaan oor­slaap en hul­le is al­mal ein­de­lik elf­uur die aand bed toe, maar toe word een twee­uur wak­ker en haal haar iPad uit en toe speel hul­le al­mal tot vier­uur daar­op!) Hoe dit ook al sy, my kol­le­gas het my ge­help om ’n plan te be­raam om my sel­foon­ge­bruik aan te pas. Hier gaan ons . . . 1 Maak jou skerm min­der aan­lok­lik. P­ri­ce stel voor ek stel my foon op grys­skaal. (Op ’n iP­ho­ne gaan jy na Set­tings > Ge­ne­ral > Acces­si­bi­li­ty > Dis­play Ac­com­mo­da­ti­ons > Co­lour Fil­ters > Se­lect G­reys­ca­le.) Dit het die­self­de uit­wer­king as om ’n Ot­to­leng­hi-slaai in pap te ver­an­der – met an­der woor­de dit maak dit hoogs on­aan­trek­lik. (NB: Om dit te­rug na kleur te stel is soos om ’n stok­kie­lek­ker te suig ná ’n jaar son­der sui­ker.) 2 Hou sel­fo­ne uit die slaap­ka­mer uit. Koop ’n wek­ker. En stel dit. Dié stap het moei­te en geld ge­verg, maar dit keer dat ek op my foon werk net voor­dat ek gaan slaap. En wan­neer ek op­staan. Wat my min­der soos ’n ver­slaaf­de laat voel. 3 Laai ’n app-blok­keer­der af. Ek het F­ree­dom af­ge­laai. Ek is baie be­kom­merd dat dit my uit my foon gaan uit­sluit. (Ek het ’n pro­bleem met wag­woor­de.) Maar s­joe! Dit help my pro­duk­ti­wi­teit eks­po­nen­si­eel. Dit neem jou blyk­baar 25 mi­nu­te om weer vol­ko­me op ’n taak te fo­kus na­dat jy deur ’n pieng on­der­breek is. Ek werk be­ter en vin­ni­ger. 4 S­ka­kel ken­nis­ge­wings af. Dit was ’n groot stap. P­ri­ce sê dit s­kep ’n “Pa­wlo­wi­aan­se re­ak­sie – el­ke keer as jy ’n ken­nis­ge­wing hoor of sien, weet jy daar is iets nuuts en on­voor­spel­baars wat vir jou wag, en ons is ge­maak om daar­na te smag”. Ek het al­le ken­nis­ge­wings af­ge­ska­kel be­hal­we dié vir op­roe­pe en teks­bood­skap­pe. Dit be­te­ken die le­we is baie min­der stres­vol. Maar die na­deel is dat ek so laat by T­wit­ter- en W­hat­sApp-ge­sprek­ke aan­sluit dat dit hul­le nut­te­loos maak. 5 Laai iets af om jou foon­ge­bruik te mo­ni­tor. Ek het Mo­ment af­ge­laai. Goei­ste – op dae wan­neer ek in en uit ver­ga­de­rings was, was ek 2 uur en 31 mi­nu­te op my foon! En het ek dit 38 keer op­ge­tel. Dis min­der as hul ge­mid­del­de (3 uur 57 mi­nu­te), maar dis steeds lan­ger as wat ek ver­wag het. 6 Hou op om men­se af te jak. Of om men­se weens jou foon te ig­no­reer. Om dit te keer het ons as ge­sin op ’n paar re­ëls be­sluit: Geen fo­ne aan ta­fel nie. Daar is een re­ël vir al­mal. (Met an­der woor­de, wan­neer ek my foon in die mo­tor ge­bruik, mag die kin­ders dit ook doen.) Wan­neer gas­te kom kui­er, word die fo­ne weg­ge­sit. Dis ou­kei om jou foon uit te haal as jy vir ie­mand iets daar­op wil wys, maar dan moet jy dit da­de­lik weer weg­sit. 7 Pro­beer ’n 24-uur-foon­vas. P­ri­ce se cool woord hier­voor is “phas” – dis ’n blaas­kans van jou foon. Ek pro­beer dit van Vry­dag- tot Sa­ter­dag­aand doen. Ek voel baie angs­tig daar­oor. Ek ver­laat die huis vir drie uur daar­son­der en dit voel vreemd, maar be­vry­dend. Bin­ne mi­nu­te ver­geet ek daar­van en voel ek báie meer ont­span­ne. Ek slaap be­ter. Ek s­ka­kel dit aan en, raai wat? Geen kri­sis, geen on­ver­wag­se uit­no­di­ging na Jay-Z en Beyon­cé se par­ty­tjie wat ek ge­mis het, en geen werks­aan­bod waar­op ek drin­gend moes re­a­geer nie.

Dank­sy die bo­ge­noem­de kon ek vas­stel dat my hoof­bron van stres is om e-pos­se te pro­beer af­laai en daar­op te re­a­geer, en om ge­du­rig te kyk wat in die so­si­a­le me­dia aan­gaan. Ek be­perk nou my­self tot drie keer per dag vir so­si­a­le me­dia en lees slegs e-pos­se wan­neer ek by my les­se­naar sit (en dan ook net op spe­si­fie­ke tye).

Ek volg ook die hoe­kom-re­ël: Hoe­kom tel ek my foon op? Hoe­kom nóú? Hoe­kom doen ek nie lie­wer iets an­ders nie?

O, en een keer per week doen ek ’n 24 uur lan­ge foon­de­toks. Noem dit som­mer die 6:1-plan. En die kin­ders? Wel, ek het hul­le vir vier dae son­der e­ni­ge sel­fo­ne/skerms op va­kan­sie laat gaan. In die af­we­sig­heid daar­van het hul­le met me­kaar tyd deur­ge­bring. Hul­le het ge­sels en hul band met me­kaar ver­sterk. Maar op pad te­rug ty­dens die laaang vyf-ure-vlug toe al die an­der kin­ders op hul skerm­toe­stel­le doe­nig was en in ’n kalm, ka­ta­to­nie­se toe­stand ver­keer het, het dit van die aan­trek­kings­krag be­gin ver­loor. Ek kon nie my tyd­skrif­te lees nie.

“Kom ons speel truth or da­re om die tyd om te kry, Mam­mie.” “Um, ou­kei.” “Ek wil eer­ste vra.” “Reg so.” “Het jy nog net met Pap­pa seks ge­had?” Heeell­lppp.

EK VOEL MY FOON VI­BREER WAN­NEER DIT NIE VI­BREER NIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.