“Help! Ek is ver­sot op sui­ker, maar ek weet te veel daar­van is nie goed vir my nie.”

Goeie Huishouding - - Jou Lyf -

Op­los­sing: Jy’s reg – ge­reel­de in­na­me van te veel sui­ker hou ver­band met ’n ho­ër ri­si­ko vir vet­sug en chro­nie­se siek­tes soos hart­siek­te, en dit kan jou e­ner­gie tap. Daar­om is dit be­lang­rik om te weet pre­sies hoe­veel sui­ker jy in­neem. Koel­drank, ont­byt­kos­se en snoep­goed is van die “skelm­ste” bron­ne, en slaai- en an­der sou­se, droë geur­mid­dels en selfs sou­ti­ge peu­sel­hap­pies be­vat ek­stra sui­ker as ’n pre­ser­veer­mid­del. Be­stee ’n dag of drie daar­aan om ko­s­e­ti­ket­te te lees en jou sui­ker­in­na­me te mo­ni­tor – jou doel­wit is 24 g of min­der per dag, on­ge­ag die bron. Neem dan in­ge­lig­te be­slui­te: As jy dol is oor ta­ma­tie­sous, is dit ou­kei, maar dan moet jy daar­die dag min­der lek­ker­goed eet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.