10 din­ge wat bors­kan­ker my ge­leer het

An­na­bel C­ho­wn deel haar ver­haal

Goeie Huishouding - - inhoud -

1 die le­we sal jou ver­ras (en nie al­tyd aan­ge­naam nie!)

Bors­kan­ker was glad nie op my ra­dar in Mei 2002 toe ek op 31-ja­ri­ge ou­der­dom New York toe is om by my vriend Paul te gaan kui­er en in ga­le­rye, ske­mer­kel­kie­kroeë en Ji­va­muk­ti-jo­ga­klas­se uit te hang nie. Maar 24 uur ná my te­rug­koms het ek ná ’n klein o­pe­ra­sie wak­ker ge­word waar­ty­dens ’n skyn­baar goed­aar­di­ge knop ver­wy­der moes word, net om te hoor dat ek kan­ker het. S­kie­lik moes ek vyf maan­de che­mo­te­ra­pie kry, ge­volg deur ses we­ke se ra­di­o­te­ra­pie. Vyf jaar la­ter het my on­ko­loog laat weet ek is nou skoon. Ui­t­ein­de­lik kon ek ont­span. ’n Paar jaar la­ter is bors­kan­ker eg­ter by twee van my nig­gies ge­di­ag­no­seer. Blo­te toe­val, het ek my­self pro­beer oor­reed. Maar toe ont­dek ons dat my pa se kant van die fa­mi­lie die BRCA1-geen­mu­ta­sie dra en my ri­si­ko om weer bors­kan­ker te kry was nou 80%. My chi­rurg het aan­be­veel dat ek ’n dub­be­le ma­stek­to­mie oor­weeg om my ri­si­ko te ver­laag. Ek het nie in daar­die sta­di­um daar­voor kans ge­sien nie en het be­sluit om eer­der jaar­liks vir ho­ë­vlak-MRB-skan­de­rings te gaan.

2 Die ui­ter­li­ke kan mis­lei­dend wees

Om my ha­re weens die che­mo­te­ra­pie te ver­loor was ’n ab­so­lu­te laag­te­punt. Dit was skou­er­leng­te, dik en gol­wend. My na­tuur­li­ke kleur is don­ker­bruin, maar ek het dit kort te­vo­re rooi­bruin ge­kleur. Dit het een og­gend in bos­se in die stort uit­ge­val. My ma het my ge­neem om ’n pruik te gaan koop. Die naas­te op­sie wat ek kon kry, was ’n lig­bruin en reg­uit bob. Ek het ge­maak of ek my ha­re laat k­nip en kleur en dit be­gin reg­uit droog­blaas het. Nie­mand het iets ag­ter­ge­kom nie. Trou­ens, hul­le het my ver­tel hoe fan­tas­ties my ha­re ge­lyk het. “Ek hou baie meer daar­van só. Kan ek jou haar­kap­per se nom­mer kry?” het ie­mand selfs ge­vra. Dit het my her­in­ner dat ons dik­wels nie ’n i­dee het wat werk­lik ag­ter die skyn­baar fout­lo­se ui­ter­li­ke aan­gaan wat men­se voor­hou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.