OM MIN­DER PLAS­TIEK TE GE­BRUIK

Klein aan­pas­sings wat ons al­mal kan maak

Goeie Huishouding - - Gh - Verslag -

SKOONHEID

Ver­vang stor­tjel met ’n koe­kie seep en sjam­poe met so­lie­de sta­fies. (Pro­beer Lush – die mees­te van hul pro­duk­te kom son­der ver­pak­king.)

Die plas­tiek­steel van wat­te­stok­kies is die al­ge­meen­ste vorm van rom­mel wat hul oor­sprong in toi­let­te het en dan op stran­de uit­spoel. Kyk uit na wat­te­stok­kies met ’n pa­pier­steel.

Ge­bruik plas­tiek­vrye tan­de­vlos, soos Sen­zaBam­boo Plas­tic-F­ree Tea Tree Oil Na­tu­ral Silk Floss (R89, Fait­hful to Na­tu­re). En ge­bruik ’n bam­boe­stan­de­bor­sel.

Die ge­mid­del­de vrou sal in haar leef­tyd tus­sen 12 000 en 16 000 weg­gooi­ba­re sa­ni­tê­re pro­duk­te ge­bruik, waar­van die mees­te plas­tiek be­vat. Oor­weeg dit liefs om ’n men­stru­a­sie­kop­pie of bi­o­af­breek­ba­re tam­pons te ge­bruik. Pro­beer ook her­bruik­ba­re sa­ni­tê­re doe­kies ( www.pa­le­sa­pads.com).

GH-wenk: Plas­tiek­vrye pro­duk­te is nie al­tyd in al­le win­kels be­skik­baar nie, maar be­soek www.fait­hful-to­na­tu­re.co.za vir al­ter­na­tie­we. MO­DE

Ver­my dit om kle­re van sin­te­tie­se stow­we met ’n pe­tro­le­um­ba­sis te koop, on­der meer po­li­ës­ter en ny­lon, wat dui­sen­de mi­kro­ve­sels af­gee el­ke keer wan­neer dit ge­was word.

As jy ie­mand ken wat B­rit­tan­je of die VSA be­soek, vra dat hul­le vir jou ’n mi­kro­fil­ter­was­sak van Gup­pyf­riend (so­wat R450) saam­bring. Dié sak van maas­stof, waar­in jy jou kle­re met ’n plas­tiek­ba­sis gooi voor­dat jy dit was, vang die los plas­tiek­ve­sels op so­dat dit nie in die wa­ter­stel­sel be­land nie. IN JOU HUIS

Ver­vang seep­kap­su­les vir jou wasgoed met seep­poei­er in kar­ton­hou­ers. Dis nie per­fek nie (dit be­vat steeds che­mi­ka­lieë en fos­fa­te), maar dit be­perk die hoe­veel­heid plas­tiek wat in die wa­ter­stel­sel op­ge­neem word.

Laat ver­wy­der jou naam van ge­mors­pos­lys­te so­dat min­der plas­tiek­koe­ver­te in jou pos­bus be­land.

Hou plas­tiek­vrye eet­ge­rei en strooi­tjies (dit word dik­wels van bam­boes of vlek­vrye staal ge­maak) in jou hand­sak of les­se­naar se laai so­dat jy nie plas­tie­keet­ge­rei hoef te ge­bruik nie. SUPERMARKTE Hou her­bruik­ba­re in­ko­pie­sak­ke in jou mo­tor se ba­ga­sie­bak en een op­ge­vou in jou hand­sak so­dat jy nee kan sê vir plas­tiek­sak­ke by die be­taal­punt. Kies slim. Koop pro­duk­te in glas­bot­tels en -fles­se p­leks van plas­tiek­hou­ers. Kies los vrug­te en groen­te p­leks van dié wat in plas­tiek ver­pak is. SAAMNEEMETES

Ver­pak toe­brood­jies in by­e­was­toe­brood­jie­om­hul­sels. Pro­beer Su­pa Wraps (R149 vir drie, Fait­hful to Na­tu­re).

Ge­bruik ’n her­vul­ba­re glas­wa­ter­bot­tel.

Heel­wat kof­fie­win­kels sal be­reid wees om jou saam­neem-kof­fie­be­ker vol te maak, p­leks van hul weg­gooi­ba­res. Boon­op kry jy dik­wels af­slag.

a­s­tiek Die­hoe­veel­heid­pl tien in on­so­se­a­ne sa­loo , het jaa ve d ie­dub­bel n ten­sy on­siets doe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.