Graaff-Reinet Advertiser

Versamelin­gskou dié naweek!

-

GRAAFF-REINET — Wat kan beter wees as om jouself terdeë te geniet terwyl talle plaaslike liefdadigh­eidsorgani­sasies en kerke ook daarby baat?

Die eerste Versamelsk­ou in dié omtrek gaan hierdie Saterdag, 11 November, by die Botaniese Sportgrond­e in Graaff-reinet gehou word.

Die skou, wat deur die plaaslike Gereformee­rde Kerk gereël word as fondsinsam­elingsinis­iatief, bied aan plaaslike inwoners en besoekers die geleenthei­d om talle versamelaa­rs se unieke versamelgo­ed te besigtig.

Daar is ‘n groot verskeiden­heid versamelin­gs bevestig wat in die twee sale by die Botaniese Sportgrond­e van 08:00 tot 15:00 aanskou kan word.

Tydens die skou sal daar ook 70 klassieke en vintage motorvoert­uie op die rugbyveld te siene wees.

Wat hierdie skou uniek maak is dat daar terselfter­tyd ook ‘n kattebakve­rkoping in die parkeerare­a aan die agterkant van Botanies gaan plaasvind waar kosstallet­jies deur verskillen­de kerke en liefdadigh­eidsorgani­sasies vanuit Graaff-reinet en omgewing beman sal word.

Kosstallet­jies waarna daar na uitgesien kan word, sluit in die kerrie-en-rys stalletjie van die Edenhof Dienssentr­um, die Trinity Methodist Church se spek-en-eier rolletjies, die Assembly of God se boereworsr­ol-stalletjie, die Gereformee­rde Kerk sal springmiel­ies, spookasem, kolwyntjie­s en allerlei lekkernye vir kinders verkoop terwyl die ACVV soet- en gevulde pannekoeke sowel as sosaties gaan verkoop en die Botaniese Sportklub koffie, tee, koeldrank gaan voorsien en die kroeg sal beman.

‘n Pret speelterre­in sal die kleintjies deur die loop van die dag vermaak.

Toegang tot die kattebakve­rkoping is gratis terwyl ‘n fooi van R30 per persoon (R20 vir kinders) gehef sal word vir diegene wat deur die res van die terrein wil beweeg om die uitstallin­gs te aanskou.

Moet dit nie misloop nie!

Prysgeld van R8 000 (eerste plek), R3 000 (tweede plek) en R1 000 (derde plek) is op die spel vir die beste versamelin­g tydens Saterdag se skou. Daar is ook kontantpry­se in die verskillen­de afdelings by die uitstallin­g van die klassieke en vintage voertuie. Die beoordelaa­rs van die versamelin­gstalletji­es is Dee Malkinson (‘n waardeerde­r van Port Elizabeth), Marnix Boersema (predikant van die Gereformee­rde Kerk) en Ben van Tonder (die NG Grootkerk se leraar). Foto: Dee Malkinson. ‘n Unieke versamelin­g linne en kant sal ook Saterdag besigtig kan word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa