Graaff-Reinet Advertiser

Hengelklub hou geslaagde kompetisie

-

COLESBERG — Op 4 November 2017 het Colesberg Hengelklub ‘n uiters geslaagde Ope-dag hengelkomp­etisie te Gariepdam (Vrystaat reservaat op die Bethulie-pad) aangebied.

Die hekke het reeds om 05:00 geopen en was weer om 06:45 gesluit. Daar was die pragtige totaal van 39 inskrywing­s. Die hengelperi­ode het stiptelik om 07:00 begin en het getrek tot stiptelik 16:00. Die kompetisie het in geweldige hitte plaasgevin­d en van wind of reën was daar geen teken nie.

Dit was baie brawe hengelaars wat in hierdie toestande kon volhard. Daar was vir drie visspesies gehengel naamlik karp, barber en onderbek. Alle geelvis (waarvan daar baie gevang was) was weer lewendig in die dam vrygelaat. Die resultate vir die dag was soos volg: Grootste karp: A Daniels (3.021kg) Tweede grootste karp: A Daniels (3.012kg) Grootste barber: B Jacobs (8.76kg) Tweede grootste barber: H Pretorius (2.63kg) Grootste onderbek: M Strydom (1.43kg) 2de grootste onderbek: A Daniels (1.40kg). Baie geluk aan hierdie presteerde­rs.

Die Colesberg Hengelklub wil ook die volgende borge bedank: Gas & Sport DIY Colesberg; OK Grocer Colesberg; Old Mutual Colesberg; Kloppers Bloemfonte­in; Fruit & Veg Colesberg; Woodmans Pub & Grill Noupoort; Piet en Magda Pretorius Gariep Baits Bethulie. Sonder hierdie borge sou die kompetisie nie kon plaasvind nie.

Die volgende kompetisie word vir 18 November beoog.

Kontak Jimmy Hartley (082 825 1881), Marius Strydom (083 446 8659) of Craig Meyer (084 084 2451) vir verdere besonderhe­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa