Graaff-Reinet Advertiser

13

-

“En Jesus sê vir hulle: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” Johannes 14:6 Die boodskap van Jesus Christus word vandag dikwels deur so baie mense so verander en aangepas om so aanvaarbaa­r as moontlik te wees om so sag as moontlik op die oor te val. Ons lewe mos in ‘n era van opsies, ‘n keuse-kultuur; ‘n wêreld waar jy alles kan verander en aanpas soos dit jou pas. Dit gebeur so dikwels dat Jesus as nog ‘n opsie aangebied word. Hy is nog ‘n keuse wat jy kan maak, as jy dalk so voel.hy is die kersie op die koek om jou gepasmaakt­e lewe net nog verder te verbeter. Soms word ‘n gepasmaakt­e (“custom made”) Evangelie verkondig. Tog leer Jesus self in die gelese gedeelte dat Hy die radikaal-eksklusiew­e Weg tot die Vader is. Hy is die Weg, want Hy is die Waarheid en Hy is die Lewe. Hy openbaar die leuens van die sondes in ons harte en ons lewens – Hy vervang dit met die Waarheid. Hy stel alles in fokus…hy wys wat is waar en reg. Hy is die Lewe wat ons opwek uit ons sondedood,sodat ons nie net na die Vader kan gaan nie, maar ook na Hom toe wil gaan! Daar is geen ander boodskap op aarde wat siele red nie. Daar is verlossing net in Jesus Christus – Hy is die radikaal-eksklusiew­e Weg! Ondersoek jou lewe en jou gedagtes: hoe word jy gered? Het jy op ‘n manier dalk vir jouself ‘n gepasmaakt­ejesus geskep? Verlossing gebeur nét in en deur Jesus Christus – die Christus van die Woord!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa