Graaff-Reinet Advertiser

Geskenke, plastiesew­are en meer

-

GRAAFF-REINET — Graaff-reinet het ‘n besonderse winkel ryker geword met die opening van ‘Cube’ in Kerkstraat die pas afgelope Vrydagogge­nd, 1 Desember.

Hierdie interessan­te winkel met sy groot verskeiden­heid produkte bied ‘n reeks items vir alle ouderdomme. Genoeg spasie tussen die winkelrakk­e vergemakli­k besigting van die items te koop en met hul kwaliteit produkte, sal hulle alle kopers beslis weer lok! In ‘Cube’ is daar allerlei items op die rakke, van skoonmaakm­iddels, huishoudel­ikeware, plastiesew­are, strandspee­lgoed, tot ‘n groot reeks verpakking­smateriaal en ‘n verskeiden­heid geskenke.

Dié geriefswin­kel is beslis jou eenstop verskaffer vir plastiesew­are en verpakking­smateriaal en is daar selfs meer op aanvraag beskikbaar, gesels maar net met die hulpvaardi­ge personeel oor jou benodighed­e of om meer uit te vind oor die volledige produkreek­se beskikbaar. Hierdie winkel is beslis nie alledaags nie gaan maak gerus ‘n draai en neem maar genoeg kontant saam... Cube se besigheids­ure is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 13:00. Skakel die winkel by 049 891 0022 om meer uit te vind. In ‘Cube’ is daar allerlei items op die rakke, van plastieseh­ouers, - glase en -kombuistoe­behore tot verpakking­smateriaal en speelgoed. Pijanka Cronje van Carmon Bakkery in Graaff-reinet het dié treffende koek gebak ter viering van die opening van ‘Cube’. 'n Volledige reeks verpakking­smateriaal is beskikbaar - bestelling­s kan ook geplaas word. Adele Cronje (voor), bestuurder van ‘Cube’ in Graaff-reinet saam met die res van dié winkel se bekwame personeel: Mariza Begrie, Heleen van der Merwe en Amanda Theron.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa