Graaff-Reinet Advertiser

Vlv-lede beoordeel Kamdebo se kuns

-

ABERDEEN — Neil Pienaar, onderwyser by Kamdebo Primêr in Aberdeen, het onlangs die plaaslike Vlv-tak genader om leerlinge se kunswerke te beoordeel.

Die beoordelin­g is gedoen deur lede Estelle van Wyk, ‘n afgetrede kunsonderw­yseres en Annalie Lategan wat self baie kunstig is.

Leerders van Graad 4 tot 7 het potloodske­tse gedoen in drie temas, by name wilde weste, natuurtone­el en ope afdeling.

Die wenner in elke graad het ‘n R100 kontantpry­s gekry wat tydens die jaarlike prysuitdel­ing by die skool oorhandig is. Kamdebo Primêr se kunswenner­s vir elke graad: Zina May, Nathan Maupley, Christiano Koopman en Maurizio de Jager by trotse onderwyser Niel Pienaar. Afwesig: Daneal Douglas

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa