Graaff-Reinet Advertiser

Aberdeen VLV bederf Aalwynhof

-

ABERDEEN — Met die aanbreek van die Kersseisoe­n het die Aberdeen Vlv-tak die plaaslike ouetehuis besoek met ‘n Kersfees bederf.

Lede het almal heerlike tuisgemaak­te eetgoed saamgeneem sowel as ‘n geskenk vir elke inwoner. Lea van der Vyver lewer toe ‘n Kersboodsk­ap uit die Woord wat vertel van Jesus se almag en krag en die lewe en hoop wat deur Sy dood aan die kruis vir ons beskikbaar is.

Donnie Erlanck, voorsitter van die Inwonersko­mitee, bedank toe die VLV vir die besoek en spreek seën oor elke lid uit.

Daarna is daar gesmul aan die heerlike eetgoed en die spesiale oggend word afgesluit met die uitdeel van geskenke. Estelle van Wyk, Jean Watermeyer, Elna van Niekerk en Elise Steynberg maak tafel reg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa