Graaff-Reinet Advertiser

Graaff-reinet Primêr bekoor met Kersspel

-

GRAAFF-REINET — Graaff-reinet Primêr se onlangse Kersspel was ‘n openbaring.

Elke kind was die ene glimlagte toe hulle - aangetrek volgens hul karakters in die Kersverhaa­l - die “verhoog” bestyg het.

Die hele konsert was deurspek met hul ooglopende vreugde.

Die skool het die geleenthei­d op Vrydagaand, 1 Desember, tesame met ‘n ‘carols by candleligh­t’-tipe geleetheid, aangebied.

Die aand is baie goed bygewoon deur ouers, leerlinge en lede van die gemeenskap.

Die jongklomp het hulle behoorlik in hul Die hoofkarakt­er is vertolk deur Shamika van Rooyen. optrede ingeleef en hul akteursver­nuf en sangtalent ten toon gestel om die essensie van Kersfees vas te vang.

Na afloop van die Kersspel is die kerse aangesteek en almal het gedeel in die Kersgesang.

Die aand is afgesluit met ‘n Kersboodsk­ap van die hoof, Mnr W Hector.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa