Graaff-Reinet Advertiser

HVS se Victor en Victrix Ludorum swem medaljes los by Op-kampioensk­appe

-

GRAAFF-REINET – Van 1 tot 3 Desember het die top swemmers in die Oostelike Provinsie sake uitgespook in Port-elizabeth tydens die Op-swemkampio­enskappe.

Llewellyn Crewe-brown en sy ouer suster, Lizandri, het aan die ope-afdeling deelgeneem.

Die kompetisie was straf en het die beste uitgebring uit die twee Graaff-reinetters wat tussen hulle nege persoonlik­e beste tye opgestel het.

Lizandri het een goue en een silver medalje los geswem en was in die top 8 in al sewe van haar ander items.

Sy was ook deel van die top aflosspan van die byeenkoms waar sy die 100m rugslagbee­n geswem het.

Hulle het die Op-aflosrekor­d met ‘n fraksie van ‘n sekonde misgeloop maar is steeds gekroon as die ope-aflosspan van die byeenkoms en het die aflos-skild gewen. Lizandri Crewe-brown en haar span met die aflos-skild.

Llewellyn het as 15-jarige aan die mans ope-afdeling deelgeneem en het teen harde baarde soos die SA swemmers - die Bassonbroe­rs (21-jaar-oud) - deelgeneem. Hy het nie enige medaljes gewen nie maar het nie minder as ses keer in die top 15 geëindig nie - voorwaar ‘n top prestasie!

Volkskool is trots op dié twee swemmers en sien met afwagting uit na die swemseisoe­n wat vroeg volgende jaar begin. Llewellyn Crewe-brown.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa