Graaff-Reinet Advertiser

KENNISGEWI­NG NR: 98/2017

-

AANDAG ALLE WATERVERBR­UIKERS IN GRAAFF-REINET: WATERDISPR­OSIE Op die oomblik ondervind die Munisipali­teit groot uitdagings met die verskaffin­g van water.

Gevolglik is die watervoors­iening van die dam afgesluit aangesien damvlakke nie voldoende is om water te voorsien nie. Dus word water vanaf boorgate voorsien. Dit noodsaak alle verbruiker­s in die Munisipali­teit om dadelik te hou by die waterbeper­kings volgens die kennisgewi­ng aangeheg. U word verder versoek om water baie spaarsamig te gebruik.

Die voorsienin­g van water sal van tyd tot tyd onderbreek word, en ons kan verwag dat uitdagings aangaande watervoors­iening beskikbaar sal wees.

Inwoners wat in hoër gebiede geleë is, moet verseker dat hulle altyd emmers met water het, aangesien water nie altyd geredelik beskikbaar sal wees nie.

Die munisipali­teit oorweeg selfs meer drastiese stappe soos die rantsoener­ing van water.

Inwoners word versoek om alle waterlekka­sies onmiddelli­k te rapporteer en ook uit te kyk vir enige lekkasies van hul toilette (water wat voortduren­d van die reservoirb­ak na die toiletbak loop).

Die munisipali­teit behou, ingevolge die bepalings van Verordenin­g nr 1628 van 20 November 2006, die reg om waterbeper­kings in te stel om water te bespaar.

U samewerkin­g word baie waardeer. DR EM RANKWANA MUNISIPALE BESTUURDER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa