Graaff-Reinet Advertiser

Bekende nutsman vier 70ste verjaarsda­g

-

COLESBERG — Frans Etsebeth, afgetrede nutsman van Colesberg, het verlede week 70-jaar-oud geword.

Hy was bederf met ‘n heerlike kuier van al hul kinders en sewe kleinkinde­rs. Frans is in Hopetown gebore en het in De Aar skoolgegaa­n. Na skool het hy onder andere by die SA Spoorweë (Norvalspon­t) asook Federated Timbers gewerk. Hy is intussen met Martie Etsebeth (néé Jacobs) getroud. In 1974 het hy by Eskom in Colesberg begin werk.

Hy tree in 1998 af en vestig hom in Colesberg. Hy is bekend vir sy liefde vir die bou van veral staanhorlo­sies.

Die gemeenskap wil hiermee hul gelukwensi­ng aan hom oordra en net die beste vir die toekoms toewens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa