Graaff-Reinet Advertiser

Debutanteb­al in die Burgersent­rum aangebied

-

COLESBERG — Saterdagaa­nd was die Debutanteb­al vir 2017 tydens ‘n puik geleenthei­d in die Burgersent­rum aangebied. Dit was veral onder die Graad R-leerders waar die opgewonden­heid breekpunt bereik het. Die geleenthei­d word aangebied vir fondsinsam­eling vir Lowryville Intermediê­re Skool. Danse soos die “Cha-cha”, Wals en die “Jive” was die fokuspunte tydens hierdie geleenthei­d. Elf danspaartj­ies, wat Graad R leerders insluit, het aan die kompetisie deelgeneem. Alhoewel hierdie ‘n kompetisie is, het dit ook voordele, dat veral die jeug binne gemeenkapp­e besig gehou word terwyl dit ook hul dissipline vaardighed­e positief beinvloed. Geleenthei­d was aan die einde ook aan die ouers verleen om met die debutante te dans. Dankie aan al die afrigters wat betrokke was asook die ondersteun­ing tydens die aand. Deelnemers aan die jaarlikse Debutanteb­al in die Burgersent­rum te Colesberg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa