Graaff-Reinet Advertiser

Plaaslike klub bring hulde aan sy voorste atlete

-

GRAAFF-REINET — Die Graaffrein­et Running Club het verlede Woensdagaa­nd, 29 November, die atlete wat gedurende die afgelope seisoen uitnemend presteer het, by die Botaniese Sportklub vereer.

Die hoogtepunt van die geleenthei­d was die oorhandigi­ng van die trofeë.

Elise Steynberg is as die beste damesatlee­t aangewys, terwyl die eer onder die mans aan Eric Foendien gegaan het.

Die atleet wat die meeste kilometers oor die pas afgelope jaar met Elise Steynberg is as die beste dames-atleet aangewys terwyl Eric Foendien is as die Graaff-reinet Running Club se beste mans-atleet aangewys. Hier verskyn hulle saam met Rozelle Köhne. padwedlope kafgedraf het was Elise Steynberg. Steynberg is ook vereer as die atleet wat eerste onder die klub se dames by die Comrades, sowel as by die Two Oceans, geëindig het.

Eric Foendien is as die mans-atleet wat eerste onder klublede by die Comrades en Two Oceans oor die wenstreep getrap het, vereer.

Elise Steynberg en Alet Liebeberg deel dan die trofee vir die eerste dame oor die wenstreep van die Windpomp Run terwyl daardie eer aan Jan Fick gaan onder die mans.

Chade Bowles is die trotse nuwe eienaar van die Skilpad-trofee, terwyl Lötter van Niekerk as die ‘Beste Opkomende Atleet’, André van Rooyen as die ‘Atleet met die Beste Sportmansg­ees’, Malinda Piek as die ‘Getrouste Atleet by Klubruns’ en Stefan Steynberg as die ‘Runners’ Runner of the Year’ aangewys is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa