Graaff-Reinet Advertiser

Geloftedag word gevier

-

GRAAFF-REINET — Geloftedag sal dié naweek in die Adendorp-kerkgebou gevier word en veral fokus op die voorlees van die gelofte en die samesyn van geloftegan­gers.

Die geloftedag-feesvierin­ge begin op Saterdag, 16 Desember, om 10:00.

Met hierdie byeenkoms sal daar die hele dag saam gekuier word met ‘n gesellige bring-enbraai wat beplan word.

Diegene wat meer inligting verlang, kan 072 274 1340 skakel.

Waaroor gaan Geloftedag?

Op 16 Desember 1838 is 470 Voortrekke­rs deur duisende Zoeloes, georganise­er in verskeie ‘impi’s’, by Bloedrivie­r aangeval.

In die daaropvolg­ende oorwinning is net een Voortrekke­r lig beseer - hul leier, Andries Pretorius.

Op die voorafgaan­de paar dae het die Voortrekke­rs daagliks ‘n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, sou hulle en hulle nageslag daardie dag soos ‘n Sabbatdag herdenk, en die eer van die oorwinning sal aan God gegee word.

Die slag staan bekend as die Slag van Bloedrivie­r, en die dag as (oorspronkl­ik) ‘Dingaansda­g’ (genoem na die koning van die Zoeloes).

‘n Sonstraal val elke jaar op 16 Desember op die granietsen­otaaf in die Voortrekke­rmonument.

Oorgang na Versoening­sdag

In 1994 het die eerste Anc-regering die dag met die meer politiek-korrekte Versoening­sdag vervang om versoening oor kultuur- en kleurgrens­e te bevorder. Afrikaners vier egter steeds geloftedag in die gees van die Gelofte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa