Graaff-Reinet Advertiser

Graaff-reinet se Ng-gemeente reg vir ‘n nuwe era

-

GRAAFF-REINET — Die Nuwekerk in Graaff-reinet is in 1927 vanaf die Moedergeme­ente (Grootkerk) afgestig.

Die redes waarom hierdie afstigting plaasgevin­d het kan tot vandag toe nie met sekerheid bevestig word nie. Nie te min het die lidmate vir 90 jaar die verskille lewendig gehou, tog glad nie oor dieselfde redes as 1927 nie.

Oor die jare was daar vele pogings om die twee Ng-gemeentes te herenig, die voorstel is egter met gemengde gevoelens ontvang. Die laaste aantal jare het dit egter al hoe duideliker geword dat die meerderhei­d lidmate van dié twee gemeentes die wil tot hereniging uitgespree­k het.

Gedurende 2013/14 het Ds Attie Beetge die Nuwekerk bedien. Met sy vertrek het hy ‘n God geïnspiree­rde Belydenis, met die tema, ‘n Nuwe Seisoen, waar God regeer in Graaffrein­et, geskryf.

Die Kerkraad het dit as belydenis van die gemeente aanvaar en deel dit toe met die Grootkerk. In Oktober 2015 ontmoet lede van die Nuwekerk en Grootkerk se kerkrade, reik ‘n hand van verering uit en versoek hulle toe dat die moontlikhe­id van hereniging ondersoek moet word.

Gedurende die tydperk 2015 tot 2017 het vele vergaderin­gs gevolg. Met tye wou daar moed opgegee word, maar God se wil het duidelik deurgedrin­g en daarom moes die proses deurgevoer word.

Na ‘n geskiedeni­s van 90 jaar kan daar nou met vreugde en vrede getuig word dat ‘n pragtige ooreenkoms tussen die twee kerkrade opgestel is.

Die afgestigte gemeente, Nuwekerk, sal terug stig na die Moedergeme­ente wat dan voortaan as die NG Kerk Graaff-reinet bekend sal staan.

Op Sondag, 26 November, het die Nuwekerk haar afsluiting­sdiens in die Nuwekerk gebou gehad waar al die beskikbare oud-leraars genooi was om dit saam te vier.

Dit was ‘n wonderlike geleenthei­d. Ds Louis Venter het die prediking met ‘n treffende boodskap uit Genesis 12 : 1-3 waargeneem.

Ds Attie Beetge het die Nagmaal ingestel waarna almal gesellig, net soos die Nuwekerk kan, in die saal feesgevier het.

Rondom kreunende tafels het ou vriende lekker saam gekuier, staaltjies uit die verlede gedeel, saam gelag en onthou, die trane het ook baie vlak gelê - dit was moeilik om te groet.

Nuwekerk het oor die afgelope 90 jaar ook geseënde tye beleef, en die lidmate is opgewonde om ook hul bydrae in die nuwe herenigde gemeente te maak.

Nuwekerk is tog nie vergete nie - ‘n gedenkblad wat die stories, verhale, gebeure en staaltjies van die Nuwekerk-gemeente en haar mense bevat, word beplan - enige persoon wat ‘n bydrae wil lewer kan dit by die Kerkkantoo­r inhandig.

Die amptelike hereniging sal met ‘n erediens op 21 Januarie 2018 bevestig word.

GRAAFF-REINET — On Saturday, December 9, the Sacred Heart Parish hosted an IPS competitio­n at the Graaff-reinet Golf Club.

The ‘A’ section was won by Stoney Steenkamp with 38 points, while Chris Koeberg came in second with 37 points and Manie Daniels third with 36 points.

The weekly Wednesday IPS competitio­n, played on December 6, was won by AC Knottgraig with 37 points.

The golf club’s Business League concluded on Friday, December 8, with Weppie Weideman and his team winning the league with 195 points. Colin Warner and his team came in second with 188 points. The Midland Open was played on Sunday, December 10. Michael Holden came first with 142 Nett over 36 holes. A van der Merwe came second with 143 Nett and Naldo Claassen third with 146 Nett. Stoney Steenkamp won the ‘A’ section in Saturday’s IPS competitio­n hosted by the Sacred Heart Parish at the Graaff-reinet Golf Club.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa