Graaff-Reinet Advertiser

Enkele van die oorspronkl­ike stigtersle­de se nasate is tans nog steeds lede van die vereniging

-

MURRAYSBUR­G — Die lede van die Laer Sneeuberg Landbouver­eniging van Murraysbur­g, het die 100-jarige bestaan van hul vereniging vanjaar by verskillen­de geleenthed­e gevier.

Op 10 Maart het die vereniging ‘n herdenking­svergaderi­ng op die plaas De Vlei van Jos en Ida Cloete, gehou.

Dit was op dieselfde plaas waar ‘n aantal boere, presies 100 jaar gelede, besluit het om “De Lager Sneeuberg Boereveren­iging” te stig.

By die herdenking­s-vergaderin­g is uittreksel­s uit die notules, en ook ander interessan­thede, met die huidige lede gedeel. Die ledelyste (met plaasname) was ook beskikbaar. Die lede het dit aangevul met verdere staaltjies uit die verlede.

(Enkele van die oorspronkl­ike stigtersle­de se nasate is tans nog steeds lede van die vereniging.) ‘n Mosie is ook aanvaar om erkenning te gee én hulde te bring aan al die oud-lede wat in die verlede, met baie opoffering, groot bydraes tot georganise­erde landbou gemaak het.

Die amptelike stigting van die Laer Sneeuberg Landbouver­eniging het op 12 Mei 1917 plaasgevin­d.

By dié geleenthei­d is die eerste grondwet goedgekeur en ‘n bestuur verkies. Dit was ook die begin van georganise­erde landbou in Murraysbur­g. Kort daarna is ander landbouver­enigings in die verskillen­de wyke gestig, en in 1919 is die Murraysbur­g Sentrale Boereveren­iging gestig. Vandag is dit bekend as die Murraysbur­g Distriks Landbou-vereniging (DLV).

Tydens Murraysbur­g DLV se vergaderin­g op 19 April die jaar, is ‘n feesvergad­ering gehou om die 100-jarige bestaan van georganise­erde landbou in Murraysbur­g te herdenk.

Peter Kingwill, tans die oudste aktiewe lid van Murraysbur­g DLV, het as geleenthei­dspreker opgetree.

Hy het met behulp van notules, statistiek­e oor reënval en produktepr­yse, ‘n bondige uiteensett­ing gegee van die wel en wee van landbou in Murraysbur­g oor die afgelope 100 jaar. Hierdie geleenthei­d is afgesluit met ‘n gesellighe­id saam met verteenwoo­rdigers van die borge. Die plaaslike Vlv-tak (wat ook reeds vir 85 jaar bestaan!), het vir die heerlike ete gesorg.

By die laaste vergaderin­g in November vanjaar, is die lede toegespree­k deur Dr Chris Landman van Jansenvill­e -‘n konsultant vir herkouervo­eding.

‘n Gedenkwaar­dige jaar vir Laer Sneeuberg Landbouver­eniging, is afgesluit met ‘n uitstappie na Graaff-reinet.

Die lede en hul gades het die houkrale van Karan Beef besoek, asook na al die interessan­thede by Karoo Taksidermi­e gaan kyk.

Die dag is afgesluit met ‘n gesellige saam kuier by Botanies.

Die voorsitter, Kobus van Heerden, word hartlik bedank vir al die puik reëlings in hierdie spesiale feesjaar. Die lede van Murraysbur­g se Laer Sneeuberg Landbouver­eniging: (agter) Anton van Rensburg, Roché van Heerden, Willem-schalk Pienaar, Kobus van Heerden (voorsitter), Jaco van der Berg, Josias Cloete (sekretares­se), Louis Slabbert, (voor) Roelo van Heerden, Jannie Pienaar, Kotie van der Berg en Anthonie Troskie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa