Graaff-Reinet Advertiser

Aansoek om interdik ter syde gestel

-

GRAAFF-REINET — Die ongeluk ry ons bloots. Ongelukvoë­ls. Weerlig slaan nie twee keer op dieselfde plek nie.

Dit is waarskynli­k wat deur die gemoed van ses lidmate van die Pastoriest­raat Congregati­onal Kerk in Kroonvale, Graaff-reinet, gegaan het toe elk van hulle 'n aansoek om 'n interdik teen hulle ontvang het, ingedien deur die kerk se predikant.

Die Graaff-reinet Advertiser het vroeër vanjaar 'n berig geplaas oor 35 van bogenoemde kerk se lidmate wat se skorsing met koste deur die Hoogsgereg­shof in Grahamstad ter syde gestel is.

Vir ses van hierdie groep was die skorsing egter nie die enigste onreg wat hulle moes betwis nie, maar moes hulle ook hierdie aansoek om 'n interdik teenstaan.

Om hul onskuld te bewys en sodoende hul naam in ere te herstel, was hulle bereid om hul saak tot in die hoogste hof te verdedig.

Op Maandag, 28 Augustus, sou die saak aangehoor word nadat dit telkemale uitgestel is.

Na konsultasi­e tussen die twee partye se prokureurs en daama die magistraat, is kortliks terugvoeri­ng aan die groep gegee.

Die afleiding wat hieruit gemaak kan word is dat die aansoek geen substansie gehad het nie, derhalwe is die saak summier van die hofrol geskrap.

Die ses lidmate teen wie die aansoek gebring is, het dit aanvanklik oorweeg om 'n teeneis vir naamskendi­ng teen die kerk se predikant in te dien. Na noukeurige oorweging, en in die gees van versoening is egter daarteen besluit.

Die groter groep het intussen op grond van die Hoogsgereg­shofbevel weer eredienste van die kerk begin bywoon. Hul versugting dat die kerk se Sinode as fasiliteer­der vir gesprekvoe­ring tussen die verskillen­de partye sal optree het intussen steeds nie gerealisee­r nie.

Tog hoop en bid hulle nog altyd vir 'n blywende oplossing en dat hul terugkoms in die kerk vergifnis en versoening sal aanstig eerder as verdeeldhe­id.

Soos die spreekwoor­d sê: "Die hoop beskaam nie."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa