Graaff-Reinet Advertiser

ONTMOET EEN VAN COLESBERG SE IMMERGROEN LEGENDES

-

COLESBERG — Wanneer jy die naam ‘Popeye’ noem weet almal in dié dorp wie hierdie persoon is.

Lucas Christoffe­l van Vuuren (86) is op 10 Junie 1931 in Pres Krugerstra­at te Colesberg gebore.

Sy eggenote Hendrina Cecilia van Vuuren (née Joubert) met wie hy op 1 Mei 1954 in Venterstad getroud is, is op 1 Mei 1932 ook Venterstad gebore.

Uit hierdie huwelik is twee seuns gebore. Oom Popeye het in die laer- en hoërskool Colesberg skoolgegaa­n tot en met Standerd 8. Na skool het hy dikwels vir Mnr Oosthuizen (bekend as oom Oosie) op die Spoorweg-bus gehelp.

Daar was geen genade nie en hy moes uitspring om te gaan werk. Gedurende 1948 sluit hy hom by die destydse Suid-afrikaanse Spoorweë te Colesberg aan.

Hy het nooit voorsien dat hy vir 39 jaar vir die Spoorweë diens sou verrig nie. Hy het by ‘n ewe bekende Karel Awenand indiensopl­eiding in op Colesberg-stasie ontvang.

Hy ontvang to ook drie maande opleiding te Petrusburg.

Die destydse stasiemees­ter het klasse daar aangebied.

Hy begin by die ou depot in Kerkstraat onder Johnny Botha. Hy onthou die ou sinkdepot wat opgerig was waar die pad na Philipstow­n onderdeur die N1 hoofroete sy weg vind. Hier was die busse gewas en gestoor.

In 1959 verhuis hulle na Springfont­ein tot en met 1966. Johnny Botha het hard baklei vir die nuwe depot wat later in Stasieweg gebou is. Hy het egter nie die voorreg gehad om by hierdie nuwe depot te werk nie en is na Colesbergs­tasie verplaas. Met sy terugkeer het Botha met pensioen gegaan en het hy by hom oorgeneem. Die stasie se loods en goederekan­toor is in 1967 gebou.

Hy en Frank Gillespie het ‘n tyd saam in die loods gewerk waarna hy na die goederekan­toor oorgeplaas is. Hier het hy tot en met 1987 met sy aftrede gewerk. Lucas Christoffe­l van Vuuren (86) is op 10 Junie 1931 in Pres Krugerstra­at, Colesberg gebore. Hy en Wallie Hayward (laaimeeste­r) het ook tydens sy dienstydpe­rk te Colesberg twee tennisbane en ‘n klubhuis opgerig met die hulp van ‘n kontrakteu­r wat die destydse duikweg op die stasie gebou het. Die bane is met kruiwaens gebou en ‘n sekere Giel Reyneke het ‘n groot rol hier gespeel.

Na sy aftrede het hy aktief by die dorp se tennisklub betrokke geraak en later in 1987 begin rolbal speel. Hy het al verskeie kere aan die ‘All Cape’-toernooi gaan deelneem en is ook ‘n klub ere-lid. Hy is steeds jonk van gees en uiters mededingen­d.

Dankie oom Popye vir uitstekend­e diens gelewer toe die SA Spoorweë ‘n bloeitydpe­rk beleef het, asook die voorbeeld wat U te alle tye vir oud en jonk gestel het.

Sy pa was die bekende oom Kammies oor wie die Advertiser vorentoe ‘n huldeblyk sal bring ook ‘n legende.

Die van Vuuren-gesin moet hul rustyd terdeë geniet.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa