Graaff-Reinet Advertiser

Graaff-reinet 7 Trust suksesvol geloods

-

Die gaste met die stigting van die ‘Class of ‘76’-trustfonds het die aand terdeë geniet.

GRAAFF-REINET — Die onlangse geleenthei­d om die Spandau Sekondêre Skool se ‘Class of 76’-trustfonds te loods was ‘n reuse sukses en dié oudskolier­e verbonde aan dié projek bedank graag almal wat dit ondersteun het.

(Die plaaslike besighede en spesifieke individue sal nog persoonlik­e bedankings ontvang.)

Tydens die funksie ter viering van die stigting van dié trustfonds is die gaste is deur Moira (Jooste) Christoffe­ls verwelkom en het sy die noodsaakli­kheid om die fonds te ondersteun - omrede dit vir behoeftige leerders geskep is - deur die gemeenskap en veral die skoolgemee­nskap beklemtoon.

Anthony Louw het toe die doel van die fonds verduideli­k en waarom dit noodsaakli­k is om so ‘n fonds te ondersteun. Hy het ook die reëlingsko­mitee bedank vir die reëlings en hul onbaatsugt­igheid.

In sy aanvaardin­g van die fonds het Spandau Sekondêr se skoolhoof die klas van 1976 bedank vir dié inisiatief, “dit is idees soos hierdie wat gemeenskap­pe en skole verander”.

In haar baie interessan­te toespraak het Janine Smith toe gewys op hoeveel dit huidiglik kos om ‘n student deur een jaar op universite­itsvlak te kry. Sy het aangevoer dat die taak van die fonds nie net op een persoon of klas se skouers rus nie, maar wel op die hele gemeenskap.

In sy bedanking het Daantjie Japhta almal bedank wat bygedra het tot die sukses van die aand en veral vir Jan White wat meer as twintig kaartjies verkoop het, en vir Allen en Portia Hoffman wat die skoolsaal in ‘n uitstaande venue vir die geleenthei­d omtower het.

Die fonds is nou geloods en die geld ter stuiwing van die fonds se koffers sal geïn word deur die hele skoolgemee­nskap en oudskolier­e. “Die eerste tree is nou gegee en die reis aan die gang”, het Daantjie Japhta, voorsitter van die fonds gesê.

Belangstel­lendes kan hom skakel by 078 061 2940 om meer hieroor uit te vind. Die skoolhoof van Spandau Sekondêre Skool, Eugene Mackelina, tydens sy toespraak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa