KUNSWERKE VIER EENWORDING VAN DORP SE NG-GEMEENTES

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

GRAAFF-REINET — NG Graaff-reinet het ein­de 2017 ‘n kuns­kom­pe­ti­sie ge­loods waar die ge­meen­skap ge­nooi was om een van die Ng-ker­ke in Graaff-reinet uit te beeld in e­ni­ge kuns­vorm.

Daar is ‘n he­le paar prag­ti­ge in­skry­wings ont­vang.

Die i­dee ag­ter die kom­pe­ti­sie was om die dorp se in­wo­ners meer be­wus te maak van die eenwording van die t­wee gemeentes wat ko­men­de Son­dag plaas­vind.

Die wen­ners van die kom­pe­ti­sie sal ook ty­dens die ge­leent­heid aan­ge­kon­dig word. NG Graaff-reinet het ein­de 2017 ‘n kuns­kom­pe­ti­sie ge­loods waar die ge­meen­skap ge­nooi was om een van die Ng-ker­ke in Graaff-reinet uit te beeld in e­ni­ge kuns­vorm.

Die NG Graaff-reinet-ge­meen­te nooi dan ook die ge­meen­skap van Graaff-reinet uit om saam met hul­le die eenwording van die t­wee gemeentes te kom vier dié Son­dag­og­gend, 21 Ja­nu­a­rie, om 09:30. Al­mal sal eers in NG Nu­we­kerk by­me­kaar kom waar die e­re­diens gaan be­gin on­der lei­ding van Dr T­rix Tru­ter.

Van daar sal al­mal oor­stap na die NG Groot­kerk se ge­bou waar die e­re­diens on­der lei­ding van Dr Ben van Ton­der af­ge­sluit sal word.

Na af­loop van die e­re­diens word al­mal dan ook ge­nooi vir tee of kof­fie en ver­ver­sings in die Te Wa­ter­saal te Bour­ke­straat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.