Graaff-Reinet Advertiser

’n Ode aan Colesberg se Kammies van Vuuren

-

Basie Piek

COLESBERG — Kerkman, gesinsman, raakvatter of net oom Kammies soos hy by elke inwoner bekend was.

Dit is die nalatenska­p van oom Philippus Venter Jansen Van Vuuren wat op 2 Augustus 1906 in Colesberg gebore en op 26 Mei 1996 oorlede is.

Hy is in 1931 met Henrietha Elizabeth (nee Hitzerath) getroud en hulle het 12 kinders gehad.

Kammies se bekendheid begin reeds op 1 Julie 1928 toe hy by die destydse munisipali­teit in Colesberg aangestel word. Hy verdien ‘n allemintig­e R2 per week. Vir drie maande lank het hy agter die Hoërskool as arbeider gruis gekap. In November 1928 het hulle die put by die fontein gebou en ‘n 25 perdekrag Corseley pomp wat op paraffien geloop het geinstalle­er. Hier is sy kwaliteite raakgesien en is hy deur ene mnr.pretorius oorgeplaas na die waterwerke deprtement.

In 1929 is hy aangestel as toesighoue­r oor die dorp se windpompe. Hy was nou in beheer van die pomp van water vir die dorp se behoeftes asook vir die aansluitin­gs na die wonings. Asof dit hom nie besig genoeg gehou het nie was hy ook behulpsaam met die maandeliks­e tel van vee by twaalf veeposte. Die enigste vervoermid­del wat hy gehad het was ‘n perdekar. Een keer per jaar moes hy die ongeveer 500 beeste en perde na die skut ingebring word waarna die eienaars hul brandmerke op die diere aangebring het. In 1930 is daar ‘n ingenieur by die kragstasie in Mcfarlanes­traat aangestel wat ook moes toesighou oor die waterwerke. Die ingenieur, Mnr Simpson, was bereid om die werk te aanvaar mits oom Kammies saam met hom werk by die waterwerke, kragstasie en ook die destydse swembad in Bellstraat. Kort daarna het hulle elektriese motors by die waterwerke begin aanbring wat die taak vergemakli­k het.

Sy salaris is verhoog na R26 per maand. Hier het hy gewerk tot 1932. In 1933 het die droogte gekom en moes hy mnr. Pretorius gaan help om die beeste en donkies wat gevrek het te gaan begrawe en om die vee by Van der Waltsfonte­in te ontruim. Hierdie toestande het voorgeduur tot Januarie 1934.

Na die droogte het daar toe geweldige reënneersl­ae gekom met gepaardgaa­nde oorstromin­gs. Hy moes dag en nag werk om die waterpype te herstel aangesien die dorp geheel en al afgesny was van watervoorr­aad.

Hy was toegegooi onder werk soos verspoelde strate, klipmure van die slote en draadheini­ngs wat weggespoel het. As gevolg van die verspoelde strate was die Raad verplig om ‘n ligte skraper aan te koop wat deur vier muile getrek was, om herstelwer­k te kon doen. Hy het sy dienste tot in ongeveer 1948 so gelewer.

Dit het ook behels dat hy tweemaal per week ru-olie van die stasie na die kragstasie aanry met ‘n skotskar en twee muile. In 1949 begin hy bome in die Hoofstaat uit te haal vir die nuwe betonstraa­t.

In daardie tyd het die Raad ‘n 3-ton vragmotor by Baartman Garage(dit was die Baartmanwi­nkel waar die OVK vandag sake doen) aangekoop waarmee hy klip en sand vir die bou van die hoofstraat aangery het. Die klip was aangery na die klipbreker agter die Central Hotel. Hier moes hy die arbeiders se 44 gal. dromme met klip tel om hul salarisse te bereken.

In 1949 was die straat se betonwerk voltooi en het hy weer begin om randstene te maak. Die Hoofstraat is aan beide kante van randstene voorsien. Na afhandelin­g in 1950 tot 1951 het hy met die sanitasie-probleme gehelp. In 1951 het hulle huise begin sloop.

Die raad het ‘n trekker met waens aangekoop. Hierdie materiaal is aangewend om gate in Ventershoe­kstraat op te vul. Op hierdie stadium het hy die begraafpla­as onder sy beheer bygekry. Hy het direk onder die begraafpla­as grond omgeploeg en voer gesaai. Nadat die vee verkoop is het hy die lande vol melies geplant waarmee bier vir die biersaal gemaak is. Gedurende hierdie tyd het hy duisende treë afgetree sodat die meentgrond­e met draad toegespan kon word. Tot en met 1970 het hy sy fenominale bydrae vir Colesberg dorp gelewer. In hierdie tyd was hy ook koster by die Gereformee­rde Kerk in Colesberg.

Hy sluit sy loopbaan by die Munisipali­teit af as Vleis-inspekteur. Sy laaste dae bring hy deur in Bellstraat, Colesberg. Hy het geen arbeid as vernederen­d beskou nie, maar altyd sy alles gegee. ‘n Merkwaardi­ge man – ons sal hom nie vergeet nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa