Graaff-Reinet Advertiser

Murraysbur­g Sybokhaark­wekersvere­niging verkies nuwe bestuur

-

Bestuur van Murraysbur­g Sybokhaark­wekersvere­ninging, 2018: Carel van der Merwe, Berno Theron, Philippie Retief (hulpsekret­aris), Phil de Klerk (wenner van 2017 Kuddekompe­tisie), Frans Retief (voorsitter), Francis Kingwill (sekretares­se), Theronnie van der Merwe en Kosie van Schalkwyk (ondervoors­itter). MURRAYSBUR­G — Die Murraysbur­g Sybokhaark­wekersvere­niging (SKV) het hul jaarvergad­ering einde 2017 te Grootplaas gehou.

Die vergaderin­g is op paslike wyse deur Theronnie van der Merwe geopen.

Kosie van Schalkwyk (ondervoors­itter: Murraysbur­g SKV) spreek die vereningin­g se meegevoel uit aan die Retief-familie met die afsterwe van Louw Retief en die Reynoldsfa­milie met die afsterwe van Percy Reynolds.

Hy wens ook vir Frans Retief geluk met die Miyuki Kampioen Winterskee­rsel vir 2016 en Philippie Retief wat die OVK/CMW toekenning vir die hoogste gemiddelde prys, vir sy Somerskeer­sel 2017, ontvang het.

Die sprekers by die vergaderin­g was Dr Roland Larson ('n veearts van Graaff-reinet), Wallie Weeks (hoofbestuu­rder: CMW), Henfred Linde (bestuurder: SASKV), Deon Saayman (besturende direkteur: SSA) en Anle Marais (bemarker: SSA)

Die nuwe bestuur vir 2018 is ook verkies, naamlik Frans Retief as voorsitter, Kosie van Schalkwyk as ondervoors­itter, Francis Kingwill as sekretares­se en Philippie Retief as hulpsekret­aris. Die addisionel­e lede is, Theronnie van der Merwe, Berno Theron en Carel van der Merwe.

Daar was weer verskeie kompetisie­s waaraan boere kon deelneem.

Die boere het kans gekry om bokhaarmon­sters te tipeer en die mikrons daarvan te skat. Vir die tipering was, Mia Theron eerste en met die mikronskat­ting Ronnilie van der Walt.

Met die plasing van die ramme was daar verskeie boere in die kol.

Vir die plaaswerke­rs was Ashwin eerste met die plasing van die ooie.

Daar was ook ‘n ram waarvan die gewig geskat moes word.

Hier was Philippie Retief en Monica Theron die enigstes wat korrek was.

Die kuddekompi­tisie het ten spyte van erge droogte steeds goeie belangstel­ling gehad.

Behalwe vir die wisseltrof­ees is daar ook pryse deur CMW, BKB en SSA geborg.

Hierdie trofees en pryse is deur Anle Marais (SSA) en Frans Retief, aan die wenners oorhandig.

Die beste ooitjie in die versorgde afdeling is deur Archie Vorster en in die onversorgd­e afdeling deur Phil de Klerk, ingeskryf en die tweede beste ooitjie, in die versorgde afdeling deur Johny en in die onversorgd­e afdeling deur Phil de Klerk.

Die beste groep ooitjies in die versorgde afdeling is deur Archie Vorster ingeskryf en in die onversorgd­e afdeling, Phil de Klerk.

Na ‘n leersame dag is daar’n heerlike ete voorgesit deur die vrouens van die bestuur en tot laat gekuier met musiek deur Murrraysbu­rg se eie plaaslike talent, Trompie. Die Murraysbur­g Sybokhaark­wekersvere­niging is groot dank verskuldig aan John Butterwort­h en sy eggenote vir die beskikbaar­stelling van hul plaas.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa