Graaff-Reinet Advertiser

Ter herdenking van Gideon Scheepers

-

GRAAFF-REINET — Belowende reënwolke het saamgepak Donderdagm­iddag, 18 Januarie, net soos op 18 Januarie 1902 met die teregstell­ing van Gideon Scheepers.

Bellangste­llendes uit die gemeenskap en ‘n groep leerders van Hoër Volkskool het by die herdenking­sgeleenthe­id van hierdie besondere militêre leier se lewe stil geword.

Die skriflesin­g uit Psalm 91 deur Ds Johan van Vuuren het mooi aangesluit by die waardige geleenthei­d.

Die ATKV Volksmond Jeugtak (Hoër Volkskool) het, in samewerkin­g met Paul van den Berg, die verrigting­e by die monument gereël.

Linda Lötter het ‘n gedig voorgelees wat drie dae voor sy dood deur Gideon Scheepers geskryf is.

Sy laaste brief aan sy moeder, uit die Graaffrein­et Gevangenis, is deur Justin Gafoor voorgelees.

Die bogenoemde voorlesing­s, deur lede van die Volksmond Jeugtak, het die menslikhei­d van die skrywer verwoord.

‘n Paar interessan­te staaltjies uit Gideon Scheepers se lewe tydens die Anglo Boereoorlo­g is deur Magda Van Heerden vertel.

Die monument is vanjaar veertig jaar gelede opgerig. BO & REGS: Bellangste­llendes uit die gemeenskap en ‘n groep leerders van Hoër Volkskool het ‘n herdenking­sgeleenthe­id van ‘n besondere militêre leier, Gideon Scheepers, verlede Donderdag bygewoon.

Dit is in 1978, honderd jaar na Gideon Scheepers se geboorte, onthul.

Paul van den Berg en Theo Dörfling, wat hierdie jaar se verrigting­e bygewoon het, was bevoorreg om ook die onthulling van die monument destyds te kon bywoon.

Met die druppels wat sag begin val het, het die wat teenwoordi­g was met ‘n warm gevoel in die hart hierdie baken in ons land se geskiedeni­s verlaat. TEL: 049 892 2061 / 892 2260 FAX: 049 892 2265 / 086 549 7992 CELL: 082 875 3704 / 082 606 4010 082 870 2960 (after hours) petrus@n1construc­tion.co.za PO Box / Posbus 633 Graaff-reinet, 6280

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa