Graaff-Reinet Advertiser

Honde-eenheid lê besoek af by Laer Volkskool

-

GRAAFF-REINET — Die leerders van Laer Volkskool in Graaff-reinet se Dinsdag was hierdie week blou op ‘n baie besonderse manier toe hulle besoek is deur lede van die SAPD se K9-eenheid.

Aanvanklik het die jongspan maar versigtig nader gestaan, maar die viervoetig­es was meer as gretig om maats te maak. Kort voor lank het Yady en Bridgette behoorlik stert geswaai terwyl hulle vir die kinders hul besonderse talente ten toon gestel het.

Die doel van Kaptein Marais, Sersant Booysen en Konstabel Jakobs van die plaaslike polisie se besoek aan die skool het dit ten doel gehad om te demonsteer hoe betroubaar dié gehoorsame honde is.

Gehoorsaam­heid is ‘n baie belangrike kenmerk van ‘n betroubare persoon en is dit beklemtoon deur dié demonstras­ie en die polisie en hul honde se besoek aan die skool.

Die skool het dié week afgeskop met hul jaarlikse ‘6 pilare van karakterbo­u’-veldtog. Die skool beoog om deur dié veldtog aan die opbouing van die leerders se karakters aandag te skenk.

Die eerste pilaar - betroubaar­heid - is deur dié besoek bekendgest­el en sal daar nou daagliks daarna verwys word by die skool.

‘n Sleutelhou­er - in die vorm van ‘n beentjie met die woord ‘betroubaar­heid’ is ook aan die leerders verkoop tydens die geleenthei­d. Konstabel Jakobs met Yady.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa