Graaff-Reinet Advertiser

Nuwe leerkrag welkom geheet

-

GRAAFF-REINET — Die nuwe jaar het ’n nuwe onderwyser vir die Asherville Sekondêre Skool ingehou. Cay-marc Green het sopas ingeskakel as ‘n nuwe leerkrag by dié skool. Nadat hy sy skoolloopb­aan by Union High School voltooi het, het hy sy studies aan die Nelson Mandela Universite­it in Port-elizabeth voortgesit en ‘n B Ed (FET) met spesialise­ring in Wiskundige Geletterdh­eid en Besigheids­tudies in 2017 verwerf. Green is ‘n kranige sportman en die skool se bestuur glo dat hy beslis ‘n aanwins vir dié professie sal wees. “Ek voel baie positief oor dié nuwe werk en sien uit daarna om deel van die Asherville Sekondêr-familie te word,” het Green oor sy aanstellin­g gesê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa