Graaff-Reinet Advertiser

Laer Volkskool bied interskole-atletiek aan

-

GRAAFF-REINET — Op Woensdag, 7 Februarie, het die atlete van Laer Volkskool kragte gemeet teen die spanne van Union by die jaarlikse interskole-atletiekda­g.

Hierdie kragmeting het op Laer Volkskool se sportterre­in plaasgevin­d.

Volgens een van die ouers wat die dag bygewoon het, was die interskole teen Union ’n groot sukses.

“Goeie mededingin­g en baie goeie gees het geheers tussen die atlete asook die personeel van die twee skole,” sê hy.

Laer Volkskool het egter hul eweknieë geklop om die dag met 482 punte teenoor Union se 389 punte te wen.

Talle nuwe rekords is tydens die middag aangeteken, waaronder:

• JJ Theron (O.13 Seuns) Verspring – 4,57m en Gewigstoot – 10,27m

• Danita du Plessis (O.13 Dogters) Gewigstoot – 11,98m

• Deidré Alberts (O.8 Dogters) 80m – 13,24 • Alecia Louw (O.9 Dogters) 80m – 12,46 • Deniso Matayi (O.9 Seuns) 80m – 12,15 • Hannes van der Merwe (O.10 Seuns) 80m – 11,78

• Curwin Niemand (O.11 Seuns) 80m – 11,46 • Ceano Fourie (O.13 Seuns) 100m – 13,59

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa