Graaff-Reinet Advertiser

Volksie-boogskutte­rs maak naam

-

GRAAFF-REINET — Leerlinge van Hoër Volkskool het onlangs hul skool se naam hoog gehou tydens ‘n interskole­boogskietk­ompetisie in Uitenhage.

Dié byeenkoms was die eerste van sy soort vir 2018 en het in Uitenhage se binnenshui­se sportsentr­um plaasgevin­d.

Skole van Oos-londen, Port Alfred, Port-eleizabeth en Graaff-reinet het in die Bullseye- en 3D-afdelings meegeding.

In die 3D-afdeling het Volkskool ‘n tweede span-posisie behaal met ‘n totaal van 1254 punte, naas die 1285 van die HTS Daniël Pienaar.

In dié afdeling het Petrone Fourie onder die meisies ‘n brons-medalje verower terwyl Iwan van Loggerenbe­rg ‘n brons- en Jaco van Loggerenbe­rg ‘n silwer-medalje in die seuns-afdeling verower het.

Die tellings vir Volkskool-individuee­l in die 3D-afdeling is as volg: Jaco van Loggerenbe­rg (265), Petrone Fourie (260), Daniel Mcnaughton (247), Iwan van Loggerenbe­rg (246), Dillon Stannard (236), Marais Calonne (235), Juryna Fourie (230), Casper Bekker (225), Simone Coetzer (211), De Jongh Stannard (211) en Hennie Barnard (149).

Die tellings vir die Bullseye-afdeling is as volg: Jaco van Loggerenbe­rg (276), Iwan van Loggerenbe­rg (271), Juryna Fourie (260), Dillon Stannard (257), Daniel Mcnaughton (255), Petrone Fourie (253), Simome Coetzer (251), Casper Bekker (239), Marais Calonne (237), De Jongh Stannard (212) en Hennie Barnard (176).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa