Graaff-Reinet Advertiser

Grond is goed en modder manjefiek

-

GRAAFF-REINET — Geen kleuter kan leer sonder speel nie - dit is die enigste manier hoe hulle vaardighei­d of kennis so vinnig as moontlik kan baasraak.

By die WE Pienaar Pre-primêre Skool, oftewel Weppie Preppie, in Graaff-reinet, vind leer altyd speel-speel plaas.

En waar kan ’n kind so lekker speel soos in die modder?

Verlede Vrydag, 9 Januarie, het Weppie Preppie ‘n ‘modderdag’ gehou.

Die kinders, geklee in hul oudste klere of swembroeke, het die dag in heerlike groot modderplas­se rondgespee­l. Daar is al telkemale bewys dat sensoriese spel kinders se breintjies voed - dit leer hulle kreatief wees, versterk hulle mo- toriese vermoë, wetenskap en selfs wiskunde – en dit is juis wat met die aktiwiteit bedoel was - die modder is omtrent gevoel en geruik (en partykeer geproe). Vir elke ouderdomsg­roep het die modder ‘n bekoring gehad: die kleintjies in die Oranjeklas het modderkoek­ies gebak terwyl die ouer leerders besig was om met dieselfde modder kastele te bou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa