Graaff-Reinet Advertiser

Twee Merino-ramme vir meer as R100 000 stuk verkoop

-

MIDDELBURG — Tydens Retief Geelbek Merino’s se sesde produksiev­eiling wat op 9 Februarie te Gordonsfon­tein in die Hanover-distrik gehou is, is die duurste ram teen ‘n ongeloofli­ke R128 000 verkoop! Die koper was Gregg Sephton van Barklyoos. Die tweede duurste ram is deur Philip en Nico van der Merwe van Britstown vir R115 000 gekoop waarna Martin Mpho Sekonyela van Lesotho, R64 000 vir die derde duurste ram betaal het. Altesaam 91 ramme is op die veiling teen ‘n gemiddelde prys van R16 027 verkoop.

 ??  ?? Die top ram op die veiling is teen R128 000 verkoop. Hier verskyn Stephen Lumsden (OVK), Gregg Sephton (koper), Danie Lombard (BKB) en Kleintjie Retief (verkoper). FOTO: Johanette van Heerden
Die top ram op die veiling is teen R128 000 verkoop. Hier verskyn Stephen Lumsden (OVK), Gregg Sephton (koper), Danie Lombard (BKB) en Kleintjie Retief (verkoper). FOTO: Johanette van Heerden

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa