Graaff-Reinet Advertiser

KT meet kragte teen De Aar

-

MIDDELBURG — Op Vrydag, 9 Februarie, het 33 atlete van die Primêre Skool Karel Theron na Cradock gereis vir die Cradock Distriksat­letiekbyee­nkoms. Altesaam 17 atlete het deurgedrin­g na die volgende ronde. Die volgende byeenkoms is die Chris Hani Byeenkoms, wat op Saterdag, 17 Februarie in Cradock sal plaasvind. Die atlete het hulle staal weereens getoon. MIDDELBURG — Die tennisseis­oen by die Primêre Skool Karel Theron skop vroeg in die jaar af met groot geesdrif onder die tennisspel­ers. Karel Theron neem deel teen De Aar op 12 Februarie in De Aar. Altesaam sewe seuns en sewe dogters het as span deelgeneem. Enkels, dubbels en gemengde dubbels is gespeel. Dit was ‘n baie geslaagde dag met goeie tennis. MIDDELBURG — Middies se gholfers het Vrydag, 9 Februarie, aan die Winterberg skole-toernooi in Cradock deelgeneem. Middies presteer baie goed en kom algeheel derde terwyl Will Kerneels aangewys is as die tweede beste speler van die dag. • Middies se tennisspan­ne het Maandag, 6 Februarie, teen Aliwal-noord gespeel. Die eerste spanne het bestaan uit ses seuns en ses dogters terwyl 22 spelers in totaal met Aliwal kragte gemeet het. Middies is baie gasvry ontvang en daar is vir die eerste keer na ‘n lang afwesighei­d weer teen Aliwal afgeslaan. Middies se eerste spanne wen dan 124/61.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa