Graaff-Reinet Advertiser

Ontmoet Umsobomvu se sanitasies­pan

-

Basie Piek COLESBERG — Wanneer ons in die media kennis neem van gebrekkige dienslewer­ing in sommige munisipali­teite, wonder ons baie keer hoe lyk dit plaaslik. Daar was in die verlede baie negatiewe beriggewin­g in hierdie verband, maar die afgelope meer as ‘n jaar blyk daar nie veel probleme te wees nie. Aangesien die sanitasie-afdeling deel is van die dienslewer­ing het ek bietjie gaan kers opsteek by die verantwoor­delike amptenare. Wie is hierdie mense? Ken die gemeenskap die betrokkene­s? Hulle is betrokke by die suiwerings­aanleg van rou materiaal. Die toesighoue­r is Charlie Douglas. Hy is ‘n boorling van Fort-beaufort en het reeds in 2009 hier diens aanvaar. Hy word bygestaan deur twee operateurs, Freek Pieterse en Stoffel Pylman. Beide is afkomstig van Colesberg en het onderskeid­elik in 2002 en 2009 hier begin werk. Al drie het indiensopl­eiding by Seta ontvang. Hulle bedien grotendeel­s Colesberg-woonbuurte, maar word ook op Norvalspon­t en Noupoort aangewend sou hulle daar benodig word. Tans hanteer hierdie groep nege riooldamme in al die fasette van suiwering. Dan het hulle ook vir Alfred van Niekerk wat die trok bestuur wat suigputte diens. As in ag geneem word dat daar 270 suigputte is wat gediens moet word, is dit ‘n enorme taak. Charlie verseker my dat daar geen rou riool tans van die damme in die Colesbergs­loot beland nie en dat water veilig is. Dit is duidelik dat hulle besef dat inwoners se gesondheid van hierdie kwesbare afdeling afhanklik is. Aangesien dit redelik goed gaan in Colesberg en die feit dat hierdie mense nie altyd erkenning ontvang vir hul werk nie, wil ons dan op hierdie wyse vir hulle dankie sê vir hul bydrae tot gesonde dienslewer­ing.

 ??  ?? Umsobomvu Munisipali­teit Colesberg se Sanitasies­pan 2018: (voor) Freek Pieterse, Stoffel Pylman, Prince Batties, Alfred van Niekerk, Charlie Douglas, (agter) Petrus Swartz, Matthew Tsotetsi en Ste-ve Afrika. Afwesig: Mark Pienaar en Chris Louw.
Umsobomvu Munisipali­teit Colesberg se Sanitasies­pan 2018: (voor) Freek Pieterse, Stoffel Pylman, Prince Batties, Alfred van Niekerk, Charlie Douglas, (agter) Petrus Swartz, Matthew Tsotetsi en Ste-ve Afrika. Afwesig: Mark Pienaar en Chris Louw.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa