Graaff-Reinet Advertiser

Protea-speler bied hokkieklin­iek aan

-

GRAAFF-REINET — Slegs ‘n paar weke nadat die Karoo Hokkieskoo­l met lesse in Graaff-reinet afgeskop het, word daar reeds ‘n hokkieklin­iek vir die dorp beplan.

Cornelle Botha, oud-volksie en Protea-hokkiespel­er, sal as hoofafrigt­er van die kliniek dien, met Ina Botha, haar ma, as assistent-afrigter.

Die kliniek sal gevorderde hokkievaar­digheidsop­leiding aanbied.

Alhoewel die kliniek nie vir beginners is nie, sal meer gevorderde spelers beslis geweldig baie kan baat uit dié kliniek en word alle hokkie-entoesiast­e aangemoedi­g om dit by te woon.

Die kliniek sal Saterdag, 3 Maart, by Union High se Astro aangebied word.

Kostes beloop R100 per speler en sal die kliniek duur van 09:00 tot 12:00 die oggend.

Diegene wat meer hieromtren­t wil uitvind kan Ina Botha skakel by 082 822 5311.

 ??  ?? Cornelle Botha, oud-volksie en Protea-hokkiespel­er, is hoofafrigt­er van die hokkieklin­iek op Saterdag, 3 Maart.
Cornelle Botha, oud-volksie en Protea-hokkiespel­er, is hoofafrigt­er van die hokkieklin­iek op Saterdag, 3 Maart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa