Graaff-Reinet Advertiser

Stormers, Lions en Sharks onder vergrootgl­as

-

Vroeë tekens van ‘n beduidende verbeterin­g behoort sigbaar te wees wanneer drie van Suid-afrika se vier Superrugby­spanne dié naweek in die eerste twee wedstryde van die seisoen speel.

Sowel die kragmeting tussen die Stormers en die Argentynse Jaguares as die verwagte worsteling tussen die Lions en die Sharks word regstreeks op televisie uitgesaai.

Talle kykers haal hulle met ewe veel geesdrif oor vir die laaste eendagstry­d en die eerste van drie T20-bepalings tussen Suid-afrika en Indië se krieketspa­nne.

Daarby dra die asemrowend­e aksie by die Olimpiese Winterspel­e in Suid-korea en Roger Federer se deelname aan die Rotterdams­e ope tennistoer­nooi ryklik tot sportkyker­s se genot by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa