Lied­jies en ge­dig­gies vir Moe­ders­dag

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

Graaff-rei­net P­ri­mêr het Vry­dag, 11 Mei, Moe­ders­dag ge­vier deur ‘n spe­si­a­le by­een­koms te hou waar­ty­dens leer­ders ge­dig­gies voor­ge­dra het, lied­jies ge­sing en een­lyn­ver­sies op­ge­sê wat hul­self ge­skryf het oor wat hul moe­der vir hul be­te­ken. Ba­lon­ne is ook los­ge­laat ter ge­dag­te­nis aan die moe­ders wat nie meer­le­we nie. Die mans­per­so­neel het na af­loop van die by­een­koms, die vrou­e­per­so­neel trak­teer met ‘n lek­ker ete. Die Graad 1-leer­ders van La­er Volk­skool het dié week al hul kre­a­ti­wi­teit in­ge­span om vir hul ma’s ‘n kaart­jie vir Moe­ders­dag te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.