Graaff-Reinet Advertiser

92 jagters kompeteer vir pryse

-

GRAAFF-REINET — Op Vrydag, 18 Mei, het Huis Cronje - Hoër Volkskool se koshuis - in samewerkin­g met die hoofborg van die dag, Wild Outdoors Graaff-reinet, vir die vyfde agtereenvo­lgende jaar ‘n baie suksesvoll­e springbokj­agkompetis­ie aangebied.

Dié jaar is alle oorwagting­e oortref en het 23 spanne - wat elk uit vier jagters bestaan hieraan deelgeneem.

Vroegoggen­d het al die deelnemend­e jagters by Hoër Volkskool se 'Volksie' bymekaar gekom waar die hooforgani­seerder van die dag, Tokkels Lombard, al die reëls aan hulle verduideli­k het.

Hierna het die jagter die onderskeie plase getrek waar hulle vir die dag sou gaan jag. Elke jagter kon twee springbokk­e skiet. Die jagters moes, in 'n bestek van vier ure, probeer om hul kwota bokke te skiet, waarna hul moes terugkeer na die Volksie toe vir die beoordelin­g van die bokke en skote.

Hier is daar gekyk na skootplasi­ng, gewig en lengte van die horings onder andere om die wenners te bepaal.

Fantasties­e pryse, vir spanne, asook individue, was op die spel.

Die span wat die eerste plek behaal het, het bestaan uit Hendrik Wolfaardt, Phlippie Wolfaardt, Jaco Potgieter en Pieter Nel (jr).

Jan Nel, Morne Marx, Johan Lategan en Roche van Heerden het die tweede plek verower met die span bestaande uit Dave Stern, William Coperman, Richard Collett en Jason Jacobs in die derde plek.

Die dag se individuel­e wenners was (eerste) Phlippie Wolfaardt, (tweede) Jaco Potgieter en (derde) Johan Lategan.

Die beste skoot van die dag is afgevuur deur Johan Kriegel, met Jackie Laubsher wat die bok met die langste horings geskiet het sowel as die swaarste bok vir die dag op Arno de Jager se plaas Arcadia geskiet het.

Na afloop van die prysuitdel­ing, is daar heerlik om die braaivleis­vure gekuier en is die jagters getrakteer met heerlike kos. Almal het die dag terdeë geniet.

Die koshuiskom­itee van Huis Cronje bedank al die borge. ‘n Spesiale woord van dank word gerig aan Marius van der Westhuizen van Wild Outdoors Graaffrein­et vir die ruim en getroue borgskap die afgelope vyf jaar.

Nóg 'n groot kontantbor­g van dié jaar se kompetisie was Sovereign Foods wat klaar onderneem het om weer in te tree as borg volgende jaar.

Daar is ook groot nuus vir die boere by wie daar volgende jaar gejag gaan word

- by 2019 se kompetisie gaan nie net die individuel­e jagter wat die eerste plek wen 'n geweer as prys ontvang nie, maar ook die boer op wie se plaas die wenspan gejag het.

Inskrywing­s vir 2019 se kompetisie kan reeds bespreek word by vriespoort@gmail. com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa