Dorp spog met biokinetika-praktyk
Biokenetikus Christi Potgieter het onlangs haar eie praktyk in Bourkestraat, Graaffreinet, geopen.
Wat is Biokinetika? Biokinetika fokus op die bevordering van algehele welstand, die instandhouding van fisieke gesondheid en finale fase rehabilitasie deur middel van wetenskaplik gebasseerde oefenprogramme.
Christi, 'n matrikulant van Eunice High School in Bloemfontein en tennisspeler van formaat wat Suid-afrika al internasionaal in dié sport verteenwoordig het, het haar BA Hms-graad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, waarna sy toe haar BSC. Sport Hons. (Biokinetika) by die Universiteit Stellenbosch verwerf het.
Christi het vroeër dié jaar na Graaffreinet vanaf Bloemfontein verhuis, waar sy as biokinetikus vir die Vrystaatse Sportwetenskap Instituut gewerk het.
Daar het sy waardevolle ondervinding in sportkondisionering en rehabilitasie van atlete opgedoen.
Christi, wat glo dat dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves, voel dat daar groot behoefte aan biokinetika op verskeie gebiede in Graaff-reinet is en dat sy as biokinetikus 'n positiewe bydrae kan lewer op die gebied van rehabilitasie van ortopediese toestande, chroniese siektes, gestremde persone - veral kinders, sportbeserings en kondisionering in verskeie sportbeserings.
Volgens Christi is die grootste uitdaging en iets wat sy nastreef, om pasiënte gemotiveerd te hou om vol te hou met die voorgeskrewe program totdat rehabilitasie suksesvol voltooi is.
Sy beskryf haarself as ’n persoon wie se passie vir haar werk oorspoel na haar pasiënte en dat sy oor die vermoë beskik om ander aan te moedig en te motiveer om nooit op te gee nie.
Sy sien uit om in die toekoms voort te bou op haar suksesse en die nuwe avontuur om haar eie praktyk in Graaff-reinet te bedryf aan te pak.
Christi praktiseer van Maandae tot Donderdae in Graaff-reinet en Vrydae is sy in Murraysburg waar sy tennislesse, pilatesklasse en biokinetika-sessies aanbied.
Diegene wat meer hieromtrent wil uitvind kan haar skakel op 072 601 8657 of by haar praktyk by 37 Bourkestraat 'n draai maak.