Graaff-Reinet Advertiser

Optelgoed is hougoed

-

Daar is twee dae in jou lewe wat jy altyd sal onthou: jou eerste en jou laaste dag van skool.

Alhoewel vir menige slegs 'n vae herinnerin­g, was die eerste dag van skool vir party mense 'n trauma in die kleine, vir ander die eerste opwindende tree in 'n groter wêreld.

Die laaste dag, wat verlede week vir Graaff-reinet se matrieks aangebreek het - word onthou vir die uitbundigh­eid daarvan, soos verlede week toe Hoër Volkskool se matrieks hul gebruiklik­e poetse op die skool se onderwyser­s gepak het, of toe Union se Graad 12-leerders die nuwe eeufeesklo­k wat by die skool aangebring is individuee­l onder luide applous gelui het om hul skoolloopb­aan daar af te sluit.

Beide is ‘n mooi tradisie wat hierdie jongmense die res van hul lewens sal bybly.

My laaste matriekdag se jolyt was in twee dinge gesetel.

Daar sou geen skoolklok meer wees nie - daardie skril klank sou nooit weer "my lewe regeer nie". Maar belangrike­r selfs, geen meer haarreëls sou vir my geld nie.

Dit was die dag toe ek die stof van 12 jaar op die skoolbanke finaal afgeskud het.

Die opwinding was egter van korte duur en het die werklikhei­d vinnig ingeskop... die res van my lewe het amptelik begin.

En dis waar die afgelope 12 jaar ingepas het.

Dit is daardie vormingsja­re waardeur elke jongmens moet worstel, en waar mense op elkeen se pad geplaas word om te help on hom of haar te vorm en te lei om hopelik die mens te word wat die Here in gedagte gehad het.

Wanneer ons terugkyk, besef ons dat niks ooit toevallig was nie.

Dat alles waarmee ons gekonfront­eer is, uitdagings, moeilike keuses, puberteit, akademie en soms net simpel mense, alles deel is van ‘n baie groter plan en dat die werklike uitdaging nou voorlê.

Mag jou skooljare, en veral die laaste vyf, jou altyd bybly, en mag jy put uit die ervaringe wat jy in hierdie tyd beleef het.

Leef elke dag so dat jy saans jou kop kan neerlê met die wete dat jy nie vandag teleurgest­el het nie.

Leef so dat jy jou ouers verstom met jou selfstandi­gheid, sin vir verantwoor­delikheid en lewenslus, dat jy hul harte sal vul met dankbaarhe­id dat hulle so bevoorreg is om juis JOU ouers te wees.

Leef so dat jy met trots kan verkondig waar jy vandaan kom, waaruit jy jou krag elke dag put, en dat almal om jou soos jy wil leef.

Ek is seker dat die dorp se hoërskole hul matrikulan­te die jaar met groot verwagting­e groet.

Aan vanjaar se Graaff-reinet matrieks: Onthou hierdie dae, geniet elke oomblik en koester jul vriendskap­pe. Sterkte met die eksamen. En bestuur om hemelsnaam versigtig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa