Graaff-Reinet Advertiser

Spelers se talent geslyp

-

Met die oog op die ontwikkeli­ng van hokkie as spel in die platteland, het die Karoo Hokkieskoo­l van Ina Botha voor-verlede naweek, 5 en 6

Oktober, 'n hokkieklin­iek op Graaffrein­et aangebied.

Negentig leerders, van so ver as Kimberley, het met tonne entoesiasm­e en afwagting by Union High se Astrobaan hiervoor opgedaag.

Die kliniek se hoofdoel was om elke deelnemer se hokkievaar­dighede te verbeter, met verskeie nasionale en provinsial­e hokkiespel­ers wat as afrigters opgetree het om die verskillen­de tegnieke en idees onder die spelers te deel asook om ‘n passie vir dié sport onder die leerlinge te kweek.

Jonelke Swanepoel, 'n O.21 Proteaspel­er, wat veral in verdedigin­g uitblink, het die leerders verskeie verdedigin­gstegnieke gewys sowel as haar befaamde "fake slap".

Proteaspel­er Cornelle Holtzhause­n ('n nooi Botha) het ontwyktegn­ieke en doelskiet met die leerders geoefen.

Die hoogtepunt van die kliniek was egter die wedstryd aan die einde van die tweede dag, waar die beste spelers van die toernooi saam met die afrigters 'n wedstryd gespeel het. Diegene wat nie aan die wedstryd deelgeneem het nie, kon toekyk hoe die nuut aangeleerd­e tegnieke en vaardighed­e toegepas word en Holtzhause­n en Swanepoel in aksie beleef. Die Karoo Hokkieskoo­l beplan om dié tipe kliniek jaarliks aan te bied om sodoende die platteland­se leerders die geleenthei­d te bied om hul vaardighed­e te verbeter.

 ??  ??
 ??  ?? Cornelle Holtzhause­n saam met die opgewonde spelers van Spandau Sekondêr.
Cornelle Holtzhause­n saam met die opgewonde spelers van Spandau Sekondêr.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa