Graaff-Reinet Advertiser

Tennistoer­nooi lok talle spelers van oral

-

ONGELOOFLI­K! Dít is hoe deelnemers aan die Matchpoint Tennisakad­emie se vyfde jaarlikse 'Classic'-tennistoer­nooi, dié kompetisie beskryf het.

Die tennistoer­nooi, wat vroeër die maand in Graaff-reinet plaasgevin­d het, was volgens Pienaar ’n reuse-sukses. 'n Allemintig­e 120 spelers het die tipiese Graaff-reinet hitte oor die naweek van 5 en 6 Oktober aangedurf om in verskillen­de ouderdomsg­roepe van O.8 tot die Ope-afdeling in enkel- sowel as dubbelweds­tryde mee te ding.

Heelwat plaaslike spelers het deelgeneem, asook spelers van Port Elizabeth, Bloemfonte­in, Cradock, De Aar, Middelburg, Somersetoo­s, Bedford, Oos-londen, Burgersdor­p en Colesberg onder andere.

Soos oudergewoo­nte, was uiters kompeteren­de spel aan die orde van die dag en is daar in elke ouderdomsg­roep 'n wenner en 'n naaswenner aangewys wat almal beloon is met uitstekend­e pryse.

Die spelers van Graaff-reinet het baie goed gevaar, veral die spelers verbonde aan die Matchpoint Tennisakad­emie.

Een van die beste pryse op die spel - 'n splinternu­we Wilson-tennisrake­t ter waarde van R2 500 geborg deur die Matchpoint Tennisakad­emie - is deur 'n speler van Cradock Lehane Marais gewen.

Inalise du Piesanie van die Matchpoint Tennisakad­emie rig graag 'n woord van dank aan almal wat 'n hand bygesit het om die toernooi moontlik te maak, asook die Union-skole, Laer Volkskool, die Botaniese Tennisklub en Hoër Volkskool vir die gebruik van hul bane en fasiliteit­e.

Volgende naweek, 2 en 3 November, vind die Jocelyn Marais tennistoer­nooi vir laerskole in Graaff-reinet plaas - dié toernooi is seker die grootste en mees belangriks­te naweek op die Matcpoint Tennisakad­emie se kalender.

Dan bied die Matchpoint Tennisakad­emie weer 'n tennisklin­iek aan op 26, 27 en 28 November in Graaff-reinet. Belangstel­lendes kan Hannelie Pienaar skakel by 072 686 1804 in verband hiermee.

 ??  ?? Inalise du Piesanie spreek die deelnemend­e tennisspel­ers toe tydens die onlangse tennistoer­nooi van die Matchpoint Tennisakad­emie in Graaff-reinet.
Inalise du Piesanie spreek die deelnemend­e tennisspel­ers toe tydens die onlangse tennistoer­nooi van die Matchpoint Tennisakad­emie in Graaff-reinet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa