Graaff-Reinet Advertiser

Munisipali­teit trap korrupsie vas: Valke se hulp ingeroep

-

Die bestuur van die Dr Beyers Naudémunis­ipaliteit het Woensdagmi­ddag, 31 Oktober, 'n verslag en ondersteun­ende dokumentas­ie aan die spesiale handelsmis­daad-ondersoeke­enheid van die polisie, die Valke, vir verdere ondersoek en vervolging oorhandig.

Dit volg nadat die munisipali­teit vroeër vanjaar 'n forensiese ondersoek van stapel gestuur het, waar, onder andere, ongerymdhe­de in die bedrywighe­de van die munisipali­teit se voorsienin­gskettingb­estuur-afdeling, onder die soeklig geplaas is.

Volgens die burgemeest­er Deon de Vos is daar tydens dié ondersoek bewyse van finansiële wanbestuur en verkwistin­g van openbare fondse, in dié departemen­t gevind en het hulle besluit om die Valke te betrek sodat daar 'n kriminele ondersoek van stapel gestuur kan word.

Munisipale amptenare sowel as privaat sakeondern­emings word volgens die ondersoek se bevindinge by die beweerde korrupsie betrek.

"Korrupsie is ’n strop om elke inwoner van die land se nek wat elkeen van ons stadig maar seker die afgrond aftrek en versmoor. Ons sien daagliks hoe korrupsie Suid-afrikaanse burgers verarm," meen burgemeest­er de Vos. "Die tyd het aangebreek dat ons strewe na ’n infrastruk­tuur van integritei­t ’n werklikhei­d word."

De Vos het verder gemeld dat munisipale hoës voorts te werk sal gaan om te sorg dat almal binne die munisipali­teit saam sal staan teen korrupsie.

“Ons boodskap aan korrupte lede van die munisipali­teit is dat ons op jul spoor is en dat daar nêrens vir julle plek is om weg te kruip nie. Op dié manier wil ons korrupsie uitroei en vooruitgan­g in die munisipale distrik verseker,” het hy gesê.

 ??  ?? Danie Slabbert van die Valke in Port-elizabeth, munisipale bestuurder dr. Eddie Rankwana, burgemeest­er Deon de Vos en lt.kol Henry Leslie, die speurkoörd­ineerder van die plaaslike polisiedie­ns, tydens die oorhanding van die dokumentas­ie.
Danie Slabbert van die Valke in Port-elizabeth, munisipale bestuurder dr. Eddie Rankwana, burgemeest­er Deon de Vos en lt.kol Henry Leslie, die speurkoörd­ineerder van die plaaslike polisiedie­ns, tydens die oorhanding van die dokumentas­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa