As dit in jou hart is, sal jy skil­der...

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

Te mid­de van die ge­lui­de van die straat se be­si­ge ver­keer en voet­gan­gers wat ver­by­loop, vind ’n kuns­te­naar van Graaff-rei­net ’n ma­gie­se stil­te waar­in hy sy kuns kan be­oe­fen.

Au­brey Ma­rais (51) neem weg­gooi­hout­stuk­ke en ou lin­ne en skil­der dan prag­ti­ge kuns­wer­ke daar­op.

“Ek het 'n kwas vir die eer­ste keer op­ge­tel toe ek 19 jaar oud was en se­dert­dien is dit 'n pas­sie vir my,” sê hy. "Geld was maar nog al­tyd skaars, so ek skil­der op e­ni­ge bruik­ba­re ma­te­ri­aal wat oor my pad kom."

Sy a­tel­jee is e­ni­ge plek waar hy hom­self be­vind, al is dit nou ook op 'n be­si­ge straat­hoek.

"Ek raak so ver­lo­re in my werk, dat ek ver­geet dat ek dalk in die mid­del van 'n be­dry­wi­ge sy­paad­jie sit," sê Ma­rais.

"Ek het on­langs be­sluit om na Graaff-rei­net te ver­huis om na­der aan my kin­ders te wees en só het dit toe ge­beur dat ek al die pad van­af die Kaap ge­ry­loop het tot ek my uit­ein­de­lik ver­le­de week in Graaff­rei­net be­vind het," ver­tel Ma­rais.

“Die in­spi­ra­sie vir my kuns kom uit my bin­ne­ste. Al wat ek no­dig het is 'n prent­jie in my kop en dan be­gin ek werk.” Ma­rais, wat meest­al land­skap­pe skil­der, maak skil­de­rye ook op be­stel­ling en gaan bin­ne­kort aan 'n prent van S­pan­daus­kop be­gin werk. Ma­rais ver­koop sy kuns­wer­ke teen baie bil­li­ke pry­se. E­nig­een wat be­lang­stel, kan E­ri­ka Vers by 082 582 6579 kon­tak.

Au­brey Ma­rais het Woens­dag­og­gend dié see­to­neel, wat op ‘n plank ge­skil­der is, in Kerk­straat pro­beer ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.